Ь (Cyrillies)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ь (kleinletter: ь) of jerj is ’n letter van die Cyrilliese alfabet en moenie met die letter Ъ of die Latynse kleinletter-b verwar word nie. Dit word ook die "sagte teken" genoem (Russies: мягкий знак, mjachki znak; Oekraïens: м’який знак, mjaki znak; Belarussies: мяккі знак, mjakki znak). In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam jerj (ѥрь).
Cyrilliese letter Ь | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Cyrilliese alfabet | |||||||
А | Б | В | Г | Ґ | Д | Ђ | |
Ѓ | Е | Ё | Є | Ж | Ѕ | З | |
И | І | Ї | Й | Ј | К | Л | |
Љ | М | Н | Њ | О | П | Р | |
С | Т | Ћ | Ќ | У | Ў | Ф | |
Х | Ц | Ч | Џ | Ш | Щ | Ъ | |
Ы | Ь | Э | Ю | Я | |||
Ou letters | |||||||
Ҁ | Ѹ | Ѡ | Ѻ | Ѿ | Ѣ | Ꙗ | |
Ѥ | Ѧ | Ѫ | Ѩ | Ѭ | Ѯ | Ѱ | |
Ѵ | Ѷ | Ѳ |
Die letter het geen klankwaarde nie, maar dui aan dat die voorafgaande konsonant gepalataliseer word. In Serwies en Masedonies word dit nie meer gebruik nie; palatalisasie word aangedui met die letters љ (л + ь) en њ (н + ь).
Russiese woorde wat op ’n "sagte teken" eindig, kan manlik of vroulik (maar nie onsydig nie) wees; dis die enigste woorde waarvan die taalkundige geslag nie deur die laaste letter van ’n woord aangedui word nie.