Kenteken van die Rooileër faksie
1009 – Die Heilige Grafkerk, ’n Christenkerk nou binne die ommuurde Ou Stad van Jerusalem , word deur die mal Fatimid caliph Al-Hakim bi-Amr Allah vernietig.
1415 – Pous Gregorius XII tree af as pous van die Rooms-Katolieke Kerk en beëindig daarmee die Westerse Skisma .
1538 – Pous Paulus III stel Pedro Sarmiento, aartsbiskop van Compostella, aan as kardinaal.
1594 – Pous Clemens VIII verklaar St. Julian van Cuena heilig.
1813 – Die Veldslag by Leipzig (“Völkerschlacht”) begin. Napoleon se troepe ly 'n nederlaag teen die troepe van die Geallieerdes.
1851 – Moby Dick, ’n roman deur Herman Melville, word vir die eerste keer uitgegee as The Whale (Die walvis).
1890 – Windhoek , die hoofstad van Namibië , word deur kaptein Curt von François gestig.
1912 – Die Turkse Sultan doen afstand van Libië ten gunste van Italië , onder ’n verdrag wat in Ouchy, Switserland , geteken is.
1922 – ’n Konsortium stig die British Broadcasting Company wat 'n netwerk van radiosenders vestig om 'n nasionale uitsaaidiens in die Verenigde Koninkryk daar te stel.
1954 – Texas Instruments stel die eerste transistorradio bekend.
1962 – Die onbemande ruimtetuig Ranger 5 word lanseer.
1977 – ’n Duitse anti-terreureenheid, bekend as GSG 9, bestorm in Mogadisjoe ’n Lufthansa -vliegtuig – die "Landshut ", ’n Boeing 737-200 met die vlugnummer LH181 – wat op 13 Oktober deur die Rote Armee Fraktion geskaak is. Die 86 gyselaars word onbeseer bevry; slegs ’n enkele terroris aan boord oorleef die voorval.
1995 – Libië kondig aan dat meer as ’n miljoen Afrikane uit die land gesit gaan word.
1130 – Zhu Xi , Chinese filosoof tydens die Song-dinastie († 1200 ).
1405 – Enea Silvio Piccolomini (later Pous Pius II ), die 210de pous van die Rooms-Katolieke Kerk in Corsignano, Italië († 1646 ).
1523 – Anna van Pole , 'n Pools-Litause prinses († 1596 ).
1585 – Heinrich Schütz , Duitse komponis en orrelis († 1672 )
1653 – Abraham van Riebeeck , Goewerneur-Generaal van Nederlands-Indië († 1713 ).
1831 – Friedrich III van Duitsland , koning van Pruise en keiser van Duitsland († 1888 ).
1859 – Henri Bergson , Franse filosoof († 1941 ).
1905 – Félix Houphouët-Boigny , eerste President van die Ivoorkus († 1993 ).
1925 – Justus Tshungu , Suid-Afrikaanse omroeper († 2019 ).
1939 – George Meiring , laaste hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en eerste hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag .
1934 – Inger Stevens , Amerikaanse aktrise († 1970 ).
1943 – Phyllis Spira , Suid-Afrikaanse ballerina († 2008 ).
1953 – Russel Botman , rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap († 2014 ).
1960 – Jean-Claude Van Damme , Belgiese akteur en rolprentvervaardiger.
707 – Pous Johannes VII , die 86ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
1417 – Pous Gregorius XII , die 205de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1325 ).
1503 – Pous Pius III , die 215de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1439 ).
1871 – Charles Babbage , Engelse wiskundige, filosoof, uitvinder en meganiese ingenieur (* 1791 ).
1929 – Herbert Castens , Suid-Afrika se eerste Springbokkaptein (* 1864 ).
1931 – Thomas Edison , Amerikaanse uitvinder (* 1847 ).
1953 – W.A. Hofmeyr , Afrikaanse kultuurleier en sakeman. Die W.A. Hofmeyr-prys is na hom vernoem (* 1869 ).
1959 – Casparus de Wet , Gereformeerde predikant, hoogleraar en skrywer (* 1887 ).
1982 – Sias Reinecke , Afrikaanse sanger en lid van die sanggroep Groep Twee (* 1940 ).
2009 – Basie Vivier , Suid-Afrika se 24ste Springbokkaptein (* 1927 ).
2016 – Anthony Addabbo , Amerikaanse akteur (* 1960 ).
2021 – Colin Powell , Amerikaanse generaal en jarelange politikus (* 1937 ).
Alaskadag; Feesdag van Sint Lukas.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 18 October .