- 27 Januarie – Die Apollo 1-ruimtetuig word deur ’n brand vernietig by die Kennedy-ruimtesentrum. Ruimtevaarders Gus Grissom, Edward Higgins White en Roger B. Chaffee sterf in die voorval.
- 2 Februarie – Aleksei Kosygin besoek die Verenigde Koninkryk.
- 5 Februarie – Lunar Orbiter 3 word gelanseer.
- 5 Februarie – Generaal Anastasio Somoza Debayle word president van Nicaragua.
- 7 Februarie – Groot bosbrande in Tasmanië eis die lewe van 62 mense.
- 22 Februarie – Suharto neem die bewind oor van Sukarno in Indonesië.
- 27 Februarie – Dominica verkry onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 13 Maart – Indira Gandhi word Eerste Minister van Indië.
- 13 Maart – Die Rietbok, 'n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, verdwyn.
- 23 April – Sojoes 1 word gelanseer in ’n wentelbaan en vervoer ’n enkele ruimtevaarder, kolonel Wladimir Komarof, wat sterf toe die ruimtetuig val tydens sy terugkeer na die aarde.
- 5 Junie – Die Sesdaagse Oorlog begin.
- 7 Junie – Sesdaagse Oorlog: Israel val die Golanhoogland binne.
- 10 Junie – Sesdaagse Oorlog: Israeliese magte beëindig hulle opmars in Sirië en hou hulle by 'n VN-skietstaking en bring daarmee 'n einde aan ses dae se gevegte op drie fronte.
- 10 Junie – MiG-23, 'n Sowjetvegvliegtuig, se nooiensvlug.
- 13 Junie – Thurgood Marshall genomineer as regter vir die Hooggeregshof in die VSA deur president Lyndon B. Johnson.
- 14 Junie – Mariner-program: Mariner 5 word gelanseer.
- 27 Junie – Wêreld se eerste OTM geïnstalleer in Enfield, Londen.
- 28 Junie – Israel annekseer Oos-Jerusalem.
- 10 Julie – Nieu-Seeland se geldeenheid word gedesimaliseer.
- 17 Julie – Die onbemande ruimtetuig Surveyor 4 stort op die maan neer.
- 8 Augustus – Thailand, Indonesië, Maleisië, Filippyne en Singapoer stig die ASEAN in Bangkok, Thailand.
- 3 September – Swede skakel amptelik oor na bestuur aan die regterkant van die pad. (Sien Dagen H.)
- 30 November – Suid-Jemen word van die Verenigde Koninkryk onafhanklik.
- 3 Desember – Eerste hartoorplanting wêreldwyd onder leiding van dr. Chris Barnard in die Groote Schuur-hospitaal, Kaapstad.
- 17 Desember – Harold Holt, die Eerste Minister van Australië verdwyn terwyl hy naby Portsea, Victoria swem.
- 2 Januarie – Francois Pienaar, Suid-Afrika se twee-en-veertigste Springbokkaptein.
- 7 Januarie – Irrfan Khan, Indiese akteur († 2020).
- 9 Januarie – Dave Matthews, Suid-Afrikaansgebore sanger en liedjieskrywer (Dave Matthews Band).
- 9 Januarie – Gary Teichmann, Suid-Afrika se vyf-en-veertigste Springbokkaptein.
- 13 Januarie – Annie Jones, Australiese aktrise.
- 19 Januarie – Javier Cámara, Spaanse akteur.
- 23 Januarie – Nathi Mthethwa, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister.
- 28 Januarie – Bongani Mayosi, Suid-Afrikaanse professor († 2018).
- 10 Februarie – Laura Dern, Amerikaanse aktrise.
- 18 Februarie – Roberto Baggio, Italiaanse sokkerspeler.
- 20 Februarie – Kurt Cobain, Amerikaanse sanger en kitaarspeler (Nirvana) († 1994).
- 21 Februarie – Neil Oliver, Britse televisie-aanbieder, argeoloog, omgewingsbewaarder en skrywer.
- 4 Maart – Evan Dando, Amerikaanse sanger en kitaarspeler (The Lemonheads).
- 17 Maart – Billy Corgan, Amerikaanse musikant en liedjieskrywer.
- 22 Maart – Mario Cipollini, Italiaanse fietsryer.
- 25 Maart – Doug Stanhope, Amerikaanse komediant.
- 9 April – Barnaby Kay, Engelse akteur.
- 16 April – Bart de Graaff, invloedryke Nederlandse TV-aanbieder, komediant en programvervaardiger († 2002).
- 27 April – Koning Willem-Alexander van die Nederlande.
- 14 Mei – Vuyu Mbuli, Suid-Afrikaanse radio- en TV-aanbieder († 2013).
- 15 Mei – Madhuri Dixit, beroemde Indiese aktrise in Bollywoodrolprente.
- 18 Mei – Heinz-Harald Frentzen, Duitse professionele renjaer.
- 19 Junie – Mia Sara, Amerikaanse aktrise.
- 20 Junie – Nicole Kidman, Amerikaans-Australiese aktrise.
- 20 Junie – Sjors Fröhlich, Nederlandse joernalis en aanbieder.
- 27 Junie – Samantha Newark, Engelse akteur en komponis.
- 1 Julie – Pamela Anderson, Amerikaanse aktrise, fotomodel en vervaardiger.
- 5 Julie – Mustafa Al-Kadhimi, Irakse politikus, Eerste Minister van Irak tot Oktober 2022.
- 10 Julie – Hennie le Roux, voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
- 18 Julie – Vin Diesel, Amerikaanse akteur.
- 25 Julie – Matt LeBlanc, Amerikaanse akteur
- 27 Julie – Juliana Hatfield, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer en kitaarspeler.
- 1 Augustus – Joe Rogan, Amerikaanse komediant en televisieaanbieder.
- 23 Augustus – Andrius Mamontovas, Litause rock-musikus, liedjieskrywer, akteur en musiekvervaardiger.
- 11 September – Harry Connick, Jr. Amerikaanse sanger en akteur.
- 22 September – Félix Savón, Kubaanse bokser.
- 28 September – Mira Sorvino, Amerikaanse aktrise.
- 28 September – Moon Zappa, Amerikaanse aktrise en sangeres.
- 3 Oktober – Denis Villeneuve, Frans-Kanadese rolprentregisseur en skrywer.
- 10 Oktober – Saara Kuugongelwa, Namibiese politikus en vyfde eerste minister van Namibië (2015–hede).
- 11 Oktober – Peter Thiel, Duits-Amerikaanse miljardêr-entrepreneur, waagkapitalis en politieke aktivis.
- 28 Oktober – Julia Roberts, Amerikaanse aktrise.
- 16 November – Lisa Bonet, Amerikaanse aktrise.
- 22 November – Boris Becker, Duitse tennisspeler.
- 28 November – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise († 2007).
- 29 November – Jaco Fouché, Afrikaanse skrywer.
- 9 Desember – Joshua Bell, Amerikaanse violis.
- 21 Desember – Micheil Saakasjwili, Georgiese politikus en staatsman, President van Georgië.
- 4 Januarie – Donald Campbell, Britse najaer van die waterspoed/landspoedrekord (* 1921)
- 17 Januarie – Barney Ross, Amerikaanse bokser (* 1909)
- 19 Januarie – Kazimierz Funk, Poolse biochemikus (* 1884)
- 27 Januarie – Edward Higgins White, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930)
- 27 Januarie – Gus Grissom, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1926)
- 27 Januarie – Roger B. Chaffee, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1935)
- 4 Februarie – Herman Teirlinck, Vlaamse skrywer (* 1879)
- 8 Februarie – Victor Gollancz, Britse uitgewer (* 1893)
- 18 Februarie – Robert Oppenheimer, Amerikaanse teoretiese fisikus (* 1904).
- 21 Februarie – Charles Beaumont, Amerikaanse skrywer (* 1929)
- 5 Maart – Mischa Auer, Russies-gebore akteur (* 1905)
- 6 Maart – Zoltán Kodály, Hongaarse komponis (* 1882)
- 6 Maart – Nelson Eddy, Amerikaanse sanger en akteur (* 1901)
- 11 Maart – Hanns Lothar, Duitse toneelspeler (* 1929).
- 15 Maart – Paddy Carolin, Suid-Afrika se agtse Springbokkaptein (* 1881).
- 17 April – Red Allen, Amerikaanse jazz trompetspeler (* 1908).
- 19 April – Konrad Adenauer, Duitse politikus en staatsman, Kanselier van Duitsland (* 1876).
- 24 April – Wladimir Komarof, Russiese ruimtevaarder aanboord Sojoes 1 (* 1927).
- 14 Mei – Osvaldo Moles, Brasiliaanse radio-gasheer en joernalis (* 1913).
- 22 Mei – Langston Hughes, Amerikaanse skrywer (* 1902).
- 27 Mei – Paul Henckels, Duitse akteur (* 1885).
- 30 Mei – Claude Rains, Amerikaanse akteur (* 1889).
- 10 Junie – Spencer Tracy, Amerikaanse akteur (* 1900).
- 17 Junie – Tienie Holloway, 'n Afrikaanse skrywer van kinderliteratuur (* 1888).
- 22 Junie – William Nicol, predikant, teoloog, opvoedkundige en staatsman, goewerneur van die Transvaal (* 1887).
- 29 Junie – Jayne Mansfield, Amerikaanse aktrise (* 1933).
- 1 Julie – Frans Erasmus, Suid-Afrikaanse politikus (* 1896).
- 2 Julie – Boerneef, Suid-Afrikaanse skrywer, digter, leksikograaf en akademikus (* 1897).
- 7 Julie – Vivien Leigh, Britse aktrise (* 1913).
- 16 Julie – Oom Frikkie Burgers, Suid-Afrikaanse vermaakkunstenaar, radio- en rolprentpersoonlikheid en orrelis. (* 1907).
- 17 Julie – John Coltrane, Amerikaanse jazz-saksofoonspeler (* 1926).
- 21 Julie – Pierre Kemp, Nederlandse digter (* 1886).
- 21 Julie – Basil Rathbone, Suid-Afrikaanse akteur (* 1892).
- 22 Julie – Carl Sandburg, Amerikaanse digter (* 1878).
- 22 Julie – Albert Luthuli, President van die ANC (* 1898).
- 30 Julie – Alfried Krupp, Duitse oorlogsmisdadiger (* 1907).
- 9 Augustus – Joe Orton, Engelse dramaturg, skrywer en dagboekskrywer (* 1933).
- 15 Augustus – Rene Magritte, Belgiese skilder (* 1898).
- 15 Augustus – G.B.A. Gerdener, Suid-Afrikaanse teoloog, hoogleraar en geskiedskrywer (* 1881).
- 19 Augustus – Hugo Gernsback, Luxemburgs-gebore redigeerder en uitgewer (* 1884).
- 25 Augustus – Stanley Bruce, Australiese politikus en staatsman, Eerste Minister van Australië (* 1883).
- 25 Augustus – George Lincoln Rockwell, stigter en leier van die Amerikaanse Naziparty (* 1918).
- 29 Augustus – Brian Epstein, Britse musiekbestuurder (The Beatles) (* 1934).
- 1 September – Siegfried Sassoon, Engelse digter, skrywer en soldaat (* 1886).
- 1 September – Ilse Koch, die vrou van Karl-Otto Koch en bekend as die Heks van Buchenwald (* 1906).
- 13 September – Varian Fry, Amerikaanse joernalis (* 1907).
- 3 Oktober – Woody Guthrie, Amerikaanse volksmusikant (* 1912).
- 3 Oktober – Malcolm Sargent, Britse dirigent (* 1895).
- 8 Oktober – Clement Attlee, Eerste minister van die Verenigde Koninkryk (* 1883).
- 9 Oktober – Che Guevara, Argentynse kommunistiese revolusionêr (* 1928).
- 17 Oktober – Ai-xin-jue-luo Pu-yi of Henry Pu Yi, laaste keiser van Qing China (* 1906).
- 17 Oktober – Jan Jonathan Serfontein, Suid-Afrikaanse politikus, kabinetsminister 1954–1966 (* 1898).
- 20 Oktober – Yoshida Shigeru, Japannese politikus en staatsman, Eerste Minister van Japan (* 1878).
- 13 November – Harriet Cohen, Britse pianis (* 1895).
- 25 November – Ossip Zadkine, Russiese beeldhouer, skilder en litograaf (* 1890).
- 3 Desember – Denise Darvall, hartskenker vir die eerste menslike hartoorplanting (* 1942).
- 4 Desember – Daniel Jones, Britse fonetikus (* 1881).
- 10 Desember – Otis Redding, Amerikaanse sanger (* 1941).
- 19 Desember – Harold Holt, Australiese politikus en staatsman, Eerste Minister van Australië (* 1908).
- 21 Desember – Louis Washkansky, wêreld se eerste hartoorplantingspasiënt (* 1913).
- 29 Desember – Paul Whiteman, Amerikaanse musiekgroepleier (* 1890).