Die jaar 1983 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Saterdag begin het. Dit was die 83ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Kalenders |
|
Gay pride San Francisco 1983 |
|
- 1 Januarie – Shou Zi Chew, Singapoerse sakeman en entrepreneur.
- 8 Januarie – Kim Jong-oen, huidige Noord-Koreaanse staatshoof.
- 18 Januarie – Caroline Wöstmann, Suid-Afrikaanse ultramaraton-atleet.
- 1 Maart – Lupita Nyong'o, Keniaanse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 4 Maart – Jaque Fourie, Springbokrugbyspeler (senter).
- 10 April – Ryan Merriman, Amerikaanse akteur.
- 13 April – Schalk Burger, Springbokrugbyspeler (flank).
- 20 April – Miranda Kerr, Australiese model en sakevrou.
- 4 Mei – Brad Bufanda, Amerikaanse akteur († 2017).
- 13 Mei – Grégory Lemarchal, Franse sanger († 2007).
- 6 Junie – Joe Rokocoko, oud-All Blackrugbyspeler (vleuel).
- 11 Junie – Wynand Olivier, Springbokrugbyspeler (senter).
- 12 Junie – Anja Rubik, Poolse foto- en loopplankmodel.
- 27 Junie – Dale Steyn, Suid-Afrikaanse oud-toetskrieketspeler.
- 30 Junie – Patrick Wolf, Britse sanger-liedjieskrywer.
- 1 Julie – Izak Davel, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model.
- 10 Julie – Golshifteh Farahani, Iranse aktrise.
- 12 Julie – Bryan Habana, Springbokrugbyspeler (vleuel).
- 15 Julie – Cyril Descours, Franse akteur.
- 20 Julie – Phumzile van Damme, voormalige DA-politikus.
- 22 Julie – Sharni Vinson, Australies-Amerikaanse aktrise.
- 14 Augustus – Mila Kunis, Amerikaanse aktrise.
- 19 Augustus – Reeva Steenkamp, vermoorde Suid-Afrikaanse model († 2013).
- 20 Augustus – Christo Davids, Suid-Afrikaanse akteur.
- 20 Augustus – Andrew Garfield, Amerikaanse akteur.
- 14 September – Amy Winehouse, Britse sangeres en liedjieskrywer († 2011).
- 18 September – Sasha Son, Litause sanger en liedjieskrywer.
- 6 Oktober – Sunette Viljoen, Suid-Afrikaanse Olimpiese atleet en krieketspeler.
- 15 Oktober – Bruno Senna, Brasiliaanse F1-renjaer.
- 29 Oktober – Johnny Lewis, Amerikaanse akteur († 2012).
- 21 November – Ronald Lamola, Suid-Afrikaanse prokureur en politikus, Minister van justisie en korrektiewe dienste.
- 14 Desember – Tatum Keshwar, Suid-Afrikaanse model en Mej Suid-Afrika 2008.
- 20 Desember – Lucy Pinder, Engelse fotomodel en aktrise.
- 8 Januarie – Gerhard Barkhorn, Duitse bobaasvlieënier en slegs die tweede vegvlieënier wat meer as 300 vyandige vliegtuie kon neerskiet (* 1919).
- 13 Januarie – Arthur Space, Amerikaanse akteur (* 1909).
- 30 Januarie – Fritz Machlup, Oostenryks-Amerikaanse ekonoom (* 1902).
- 25 Februarie – Tennessee Williams, Amerikaanse dramaturg (* 1911).
- 3 Maart – Hergé, die skepper van die Kuifie reeks kinderstories (* 1907).
- 8 Maart – Sir William Walton, Engelse komponis (* 1902).
- 4 April – Gloria Swanson, Amerikaanse aktrise (* 1899)
- 30 April – George Balanchine, Russiese danser (* 1904).
- 7 Julie – Herman Kahn, Amerikaanse fururis (* 1922).
- 10 Julie – G.D. Scholtz, Suid-Afrikaanse geskiedkundige, skrywer en koerantredakteur. (* 1905).
- 19 Julie – Erik Ode, Duitse akteur (* 1910).
- 25 Julie – M.I. Murray, Afrikaanse lektrise, skrywer en dramaturg (* 1899).
- 29 Julie – David Niven, Britse akteur (* 1910).
- 10 September – John Vorster, Suid-Afrikaanse politikus, sewende Eerste Minister van Suid-Afrika (1966–1978) en vierde Staatspresident van Suid-Afrika (1978–1979) (* 1915).
- 25 September – Leopold III van België, koning van België (* 1901).
- 26 Oktober – Alfred Tarski, Poolse wiskundige en logikus (* 1901).
- 4 November – Hendrik Bernardus Thom, 'n bekroonde Afrikaanse skrywer en historikus (* 1905).
- 2 Desember – Fifi D'Orsay, Amerikaanse aktrise (* 1904).
- 25 Desember – Joan Miró, Spaans-Katalaanse skilder (* 1893).
- Onbekend – Leon Maré, 'n Afrikaanse skrywer en Hertzogpryswenner vir prosa (* 1889).