- 1 Januarie – Die Euro-geldeenheid word in België, Duitsland, Finland, Frankryk, Ierland, Italië, Luxemburg, die Nederland, Oostenryk, Portugal en Spanje ingebruikgeneem. Bulgarye betree die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms.
- 12 Maart – Hongarye, Pole en Tsjeggië betree die NAVO.
- 24 Maart – 24 mense sterf in die Mont Blanc-tonnel toe 'n Belgiese vragmotor aan die brand slaan.
- 1 April – Nunavut word van die Noordwestelike gebiede afgestig as eie gebied binne die Kanadese Konfederasie.
- 5 April – Twee Libiese verdagtes van die Lockerbie-bomaanval in 1988, word oorhandig vir 'n verhoor in Nederland.
- 19 April – Die Duitse parlement word van Bonn na Berlyn geskuif.
- 30 April – Kambodja sluit aan by die ASEAN.
- 14 Mei–20 Junie – Die 7de Krieketwêreldbeker word in Engeland, Skotland, Ierland, Nederland en Wallis aangebied en deur Australië gewen.
- 17 Mei – Ehud Barak verkies as Eerste Minister van Israel.
- 29 Mei – Nigerië word 'n Federale Republiek met 'n presidensiële demokrasie. Die President is Olusegun Obasanjo.
- 14 Junie – Thabo Mbeki word president van Suid-Afrika.
- 6 Julie – Die Israelse Barak-kabinet onder leiding van eerste minister Ehud Barak word geïnstalleer.
- 24 Julie–4 Augustus – Die 2de Sokker-Konfederasiebeker word in Meksiko aangebied en deur dié gasheer gewen.
- 26 Augustus – Penny Heyns stel in Sydney haar sesde wêreldrekord in drie weke op met 'n tyd van 2:24:2 vir die borsslag oor 200 m.
- 1 Oktober–6 November – Die 4de Rugbywêreldbeker word in Engeland, Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aangebied en deur Australië gewen.
- 3 Desember – Die Mars-poollandingstuig bereik Mars en verdwyn.
- 14 Desember – Onderhandelaars van die Verenigde State en Duitsland kom ooreen om 'n fonds van 5,2 miljard Amerikaanse dollar daar te stel vir Nazi-era slawe en dwangarbeiders.
- 19 Desember – Oorlewendes van modderstortings en vloede in Venezuela wat toe reeds meer as 5 000 lewens geëis het, steier deur die strate.
- 20 Desember – Die voormalige Portugese kolonie Macau word deel van die Volksrepubliek China.
- 28 Desember – Saparmurat Niyazov word tot lewenslange president geproklameer in Turkmenistan.
- 31 Desember – Die Verenigde State dra die Panamakanaalsone aan Panama oor.
- Die iSimangaliso-vleilandpark wat voorheen bekend was as die Groter St. Lucia-Vleilandpark word deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) tot wêrelderfenisgebied verklaar.
- 6 Januarie – Eliza Scanlen, Australiese aktrise.
- 2 Maart – Nikita Mazepin, Russiese Formule Eenrenjaer.
- 22 Maart – Mick Schumacher, Duitse Formule Eenrenjaer.
- 16 April – Lisette Olivera, Amerikaanse aktrise.
- 26 April – Laura Wolvaardt, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
- 30 Mei – Zhou Guanyu, Chinese beroepsrenjaer.
- 6 Junie – Marguerite van Eeden, Suid-Afrikaanse aktrise.
- 10 November – Kiernan Shipka, Amerikaanse aktrise.
- 13 November – Lando Norris, Britse Formule Eenrenjaer.
- 2 Desember – Kelvin Kiptum, 'n Keniaanse langafstandhardloper († 2024).
- 7 Februarie – Hoessein bin Talal, koning van Jordanië (* 1935).
- 8 Februarie – Iris Murdoch, Engelse skrywer en filosoof (* 1919).
- 10 Februarie – Anna Cloete, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1913).
- 7 Maart – Stanley Kubrick, Amerikaanse rolprentregisseur, vervaardiger en draaiboekskrywer (* 1928).
- 12 Maart – Yehudi Menuhin, Amerikaanse violis (* 1916).
- 16 Maart – Hendrik de Wit, Nederlandse sistematiese plantkundige (* 1909).
- 14 April – Anthony Newley, Engelse sanger en akteur (* 1931).
- 21 April – Charles "Buddy" Rogers, Amerikaanse akteur, musikant (* 1904).
- 2 Mei – Oliver Reed, Britse akteur (* 1938).
- 8 Mei – Dirk Bogarde, Britse akteur, († 1921).
- 27 Mei – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse politikus (* 1928).
- 6 Junie – Anne Haddy, Australiese aktrise (* 1930).
- 25 Junie – William Sage Rapson, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse chemikus (* 1912).
- 6 Julie – Joaquín Rodrigo, Spaanse komponis (* 1901).
- 12 Augustus – J.R. Hale, Britse geskiedkundige en vertaler.(* 1923).
- 29 September – Gé Korsten, Suid-Afrikaanse sanger (* 1927).
- 2 Oktober – Sarel Hayward, Suid-Afrikaanse politikus (* 1924).
- 2 Oktober – Heinz G. Konsalik, Duitse outeur (* 1921).
- 2 Oktober – Georg Tintner, Oostenrykse dirigent (* 1917).
- 4 Oktober – De Villiers Graaff, Suid-Afrikaanse politikus (* 1913).
- 6 Oktober – Gorilla Monsoon, Amerikaanse stoeier en akteur (* 1937).
- 7 Oktober – Demetrios Tsafendas, die sluipmoordenaar van dr. Hendrik Verwoerd (* 1918).
- 26 Oktober – Rex Gildo, Duitse akteur en popsanger (* 1936).
- 9 November – Dricky Beukes, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1918).
- 13 November – Anna Scheepers, ’n Suid-Afrikaanse vakbondleier (* 1914).
- 24 November – Hilary Minster, Britse akteur (* 1944).
- 12 Desember – Joseph Heller, Amerikaanse satirikus (* 1923).