26 Mei is die 146ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (147ste in skrikkeljare). Daar volg nog 219 dae.
- 1478 – Giulio di Giuliano de' Medici (later Pous Clemens VII), die 219de pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1534).
- 1886 – Al Jolson, Amerikaanse akteur en komponis († 1950).
- 1907 – John Wayne, Amerikaanse akteur († 1979).
- 1934 – Dullah Omar, 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur en minister († 2004).
- 1953 – Michael Portillo, Britse konserwatiewe politikus, joernalis en mediapersoonlikheid.
- 1966 – Helena Bonham Carter, Engelse aktrise.
- 1966 – Zola Budd, Suid-Afrikaanse middelafstand atleet.
- 1971 – Matt Stone, Amerikaanse akteur, skrywer, en vervaardiger.
- 1703 – Samuel Pepys, staatssekretaris in die admiraliteit van die Koninkryk van Engeland, president van die Royal Society en afgevaardigde in die Engelse Laerhuis (* 1633)
- 1919 – Wilhelm Kaspar, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1853)
- 1927 – Annie Visser, Suid-Afrikaanse mezzo-sopraan (* 1876)
- 1969 – Helga Uys, Duitsgebore konsertpianis, moeder van Pieter-Dirk Uys (* 1908)
- 1980 – Willie Maree, Suid-Afrikaanse boer en politikus, leier van die Nasionale Party in Natal (* 1920).
- 2017 – Zbigniew Brzeziński, Amerikaanse politieke wetenskaplike (* 1928)
- 2018 – Alan Bean, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1932)
- 2020 – Stella Branca, Afrikaanse skrywer en kunstenaar (* 1931)
- 2022 – Ray Liotta, Amerikaanse akteur (* 1954).
|
Wikimedia Commons bevat media in verband met 26 May. |