Aberfeldy is 'n klein nedersetting naby Phuthaditjhaba, omring deur landbougrond en wildplase, 52 km oos van Bethlehem en 26 km wesnoordwes van Harrismith. Dis ook die naam van 'n spoorweghalte 4 km wes van die nedersetting op die spoorlyn tussen Bethlehem en Harrismith.
Aberfeldy | |
---|---|
Koördinate: 28°12′54″S 28°49′30″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyana |
Munisipaliteit | Maluti-a-Phofung |
Aberfeldy is in die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit van Thabo Mofutsanyana-distriksmunisipaliteit in die Vrystaatprovinsie van Suid-Afrika.
Die plekkie is genoem na Aberfeldy in Perthshire, Skotland, wie se naam afgelei is van Pikties aber (riviermond, samevloeiing) en feldy van Peallaidh, die naam van 'n plaaslike waternimf.
- (en) Raper, Peter Edmund. 2004. New Dictionary of South African Place Names. Johannesburg & Cape Town: Jonathan Ball Publishers.
Wikiwand in your browser!
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.