Andries du Toit
From Wikipedia, the free encyclopedia
Andries du Toit (* 8 Augustus 1813 – † 15 Augustus 1883, Middelburg, Tvl.) was die eerste landdros van Pretoria en die man wat die dorpie in 1857 in erwe uitgemeet het.
Du Toit het hom in 1857 op ’n stuk grond gevestig wat aan Pretoria gegrens het. Dié grond het hy vir ’n Basoeto-ponie van pres. M.W. Pretorius geruil en dit Arcadia genoem, die teenswoordige voorstad. Ook in 1857 is hy as eerste landdros van die dorp aangewys, waarna hy dit in erwe uitgemeet het.