Arnold J. Toynbee
From Wikipedia, the free encyclopedia
Arnold Joseph Toynbee (14 April 1889 – 22 Oktober 1975) was 'n Britse historikus, wie se twaalfdeel-analise van die opkoms en val van beskawings, A Study of History ('n geskiedenisstudie), vanaf 1934 tot 1961 geskryf is. Die studie was 'n sintese van die wêreldgeskiedenis, 'n meta-geskiedenis, gebaseer op universele patrone van opkoms, bloei en verval, wat geskiedenis vanuit 'n globale perspektief aangebied het.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Arnold J. Toynbee | |
---|---|
Arnold J. Toynbee in 1967 | |
Gebore | (1889-04-14)14 April 1889 |
Sterf | 22 Oktober 1975 (op 86) York, Engeland |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Alma mater | Balliol College, Oxford |
Beroep | Geskiedeniskundige |
Bekend vir | Universele geskiedenis |
Eggenoot | Rosalind Murray (1913–1946; geskei) Veronica M. Boulter (1946–1975; sy dood) |
Kinders | Antony Toynbee Philip Toynbee Lawrence Toynbee |
Sluit
Hy was ook 'n navorsingsprofessor aan die Londense Skool vir Ekonomie en aan die Universiteit van Londen. Arnold Toynbee, 'n ander historikus met wie hy dikwels verwar word, was sy oom.