From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Baälsiklus is 'n siklus stories van Oegarit oor die Kanaänitiese god Baäl (letterlik "eienaar", "heer"), 'n stormgod wat verbind is met vrugbaarheid. Dit is een van die Oegarittekste en dateer van omstreeks 1500-1300 v.C.
Die teks identifseer Baäl as die god Hadad, die Noordwes-Semitiese vorm van Adad. Die stories is geskryf in Oegarities, 'n Noordwes-Semitiese taal, en in 'n wigskrif-konsonantalfabet. Dit is in die 1920's ontdek op 'n reeks kleitablette in die Tell van Oegarit (die moderne Ras Shamra), wat geleë was aan die kus van die Middellandse See in Noord-Sirië, 'n paar kilometer noord van die moderne stad Latakia. Die stories sluit in Die Mite van Baäl Alijan en Die Dood van Baäl.
Die dood van Baäl is beskou as 'n seisoenale mite, waarin Baäl 'n god van plantegroei is wie se dood en hergeboorte verantwoordelik is vir die Levant se somerdroogte en herfsreëns. Ulf Oldenburg meen egter dit verteenwoordig eerder 'n "spesiale katastrofie van droogte en onvrugbaarheid wanneer die reën nie in die regte seisoen kom nie".[1]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.