Bergrivier
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bergrivier is die tweede grootste rivier in die provinsie Wes-Kaap in Suid-Afrika. Dit is naastenby 294 km lank en strek van die Drakensteinberge tot by Velddrif. Die opvanggebied is 7 715 km² groot. Omtrent 65% van die Bergrivierarea is onder landbou-aktiwiteite. Die hoofdorpe in die Bergrivierarea is Velddrif en Laaiplek naby die kus, Piketberg, Hopefield, Moorreesburg en Darling meer binneland toe en Wellington, Paarl en Franschhoek naby die oorsprong.
Kitsfeite
Bergrivier | |
---|---|
Die Bergrivierdam. | |
Oorsprong | Wes-Kaap, Suid-Afrika |
Monding | Atlantiese Oseaan |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Lengte | 294 kilometers |
Sluit
Die rivier is eers in 1872 vir die eerste maal in sy volle lengte bevaar met 'n hout boot, die Zephyr. Dit het 9 dae geduur.