Boek van Weles
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Boek van Weles is na bewering ’n teks van die antieke Slawiese godsdiens en geskiedenis wat op houtplanke geskryf is. Dit is ook bekend as Weles Boek, Wles Boek, Wlesboek en Izenbek se Planke (Велесова книга, Велес книга, Книга Велеса, Дощечки Изенбека, Дощьки Изенбека).
Dit bevat godsdienstige passasies en uittreksels uit die geskiedenis en is deurspek met godsdienstige sedelesse. Die vroegste gebeure in die boek dateer uit omstreeks die 7de eeu v.C. en die laaste uit die 9de eeu n.C.
Die boek is na bewering in 1919 ontdek en het in 1941 verdwyn. Die egtheid daarvan word betwis; dit is vermoedelik ’n vervalsing wat óf in die 1940's óf in die vroeë 1800's gemaak is. Verskillende moderne uitgawes van die boek het ook verskillende weergawes van die teks. Die meeste Slawiese neoheidene gebruik dit egter as hul heilige skrif.