Buitelandse betrekkinge van Namibië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Namibië volg ’n grootliks onafhanklike buitelandse beleid met voortdurende affiliasies met state wat bygestaan het in die stryd om onafhanklikheid, insluitend Libië, Kuba en die Volksrepubliek China. Met 'n klein weermag en 'n swak ekonomie was die Namibiese regering se vernaamste buitelandse beleid gemoeid met die ontwikkeling van sterker bande met die ander lande in Suider-Afrika. As ’n dinamiese lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is Namibië ’n uitgesproke voorstander vir groter streeksintegrasie. Namibië het op 23 April 1990 die 160ste lid van die Verenigde Nasies geword. Dit het ook met onafhanklikheid die vyftiende lid van die Britse Statebond geword.[1]