Clanwilliam
dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Clanwilliam in die Wes-Kaap is een van die oudste dorpe in Suid-Afrika. Die eerste trekboere het hulle hier reeds in 1732 langs die Olifantsrivier gevestig.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Clanwilliam | |
---|---|
Die Clanwilliamdam | |
Koördinate: 32°10′43″S 18°53′28″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Cederberg |
Stigting | 1806 |
Oppervlak | |
• Totaal | 15,27 km2 (5,90 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 7 674 |
• Digtheid | 503/km2 (1 300/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 68.5% |
• Swart mense | 22.6% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 77.7% |
• Sotho | 9.2% |
• Xhosa | 7.8% |
• Engels | 2.3% |
• Ander | 3.0% |
Poskode (strate) | 8135 |
Poskode (posbusse) | 8135 |
Skakelkode | 027 |
Sluit
Clanwilliam staan vandag veral vir sy rooibostee bekend, wat uitsluitlik in die sanderige valleie van die Sederberge gekweek en hier bemark word. Die vrugbare grond van die gebied lewer daarnaas ook sitrusvrugte en wyn op. Die Clanwilliamdam by die benedeloop van die Olifantsrivier en 'n uitgebreide kanaalstelsel verskaf water vir besproeiing.