Dilatometer
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Dilatometer is 'n wetenskaplike instrument wat volumeveranderinge meet wat veroorsaak word deur 'n fisiese of chemiese proses. 'n Bekende toepassing van 'n dilatometer is die kwik-in-glas termometer, waarin die verandering in volume van die vloeistofkolom van 'n afgemerkte skaal afgelees word. Omdat kwik eweredig uitsit met stygende temperatuur is die volumeveranderinge direk eweredig met temperatuur.