Dorp (musiekgroep)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dorp is 'n Suid-Afrikaanse rockgroep wat in Londen, Engeland gesetel is.
Kitsfeite Oorsprong, Genres ...
Dorp | |
---|---|
Oorsprong | Kaapstad, Suid-Afrika Londen, VK |
Genres | Rock |
Jare aktief | 1992-nou |
Etikette | Caned & Able |
Webwerf | www.dorp.co.uk |
Lede | Pieter Bezuidenhout Kevin Kieswetter Fred Caïou Rick Walsh |
Gewese lede | Myburgh Grobbelaar Albert (Frost) Loubser David Poole Dylan Kemlo Timothy Rankin Alan Bainbridge Derrek Gripper Douglas Armstrong DJ Shane Rob Driver |
Sluit
Die groep is in 1992 in Somerset-Wes by die Parel Vallei High School gestig onder sy vorige naam, "The Fauves". Die aanvanklike groeplede was Myburgh Grobbelaar (stem), Albert Loubser (kitaar), Dylan Kemlo (baskitaar), Timothy Rankin (dromme) en David Poole (saksofoon).
Hulle eerste album, Indigenous Jewellery is in 1996 deur Oom Gert Records vrygestel. Hierna het Five Steps Off The Pacemaker in 1997 en Danger Gevaar Ingozi in 1998 gevolg, beide deur Wildebeest Records vrygestel.
In 1999 besluit hulle om na Londen te verhuis om die internasionale mark te betree.