Drakenstein Plaaslike Munisipaliteit
From Wikipedia, the free encyclopedia
Drakenstein is 'n Wes-Kaapse Plaaslike Munisipaliteit waarvan die vernaamste dorpe die Paarl en Wellington in die Boland is. Dit val onder beheer van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit.
| |||
Provinsie | Wes-Kaap | ||
Distriksmunisipaliteit | Kaapse Wynland | ||
Tipe | Plaaslike Munisipaliteit | ||
Munisipale kode | WC023 | ||
Burgemeester | vakant | ||
Hoofstad | Paarl | ||
Grootste tale | Afrikaans, Xhosa, Engels | ||
Area | 1 538 km² | ||
Bevolking | 251,262 [1](2011) |
Met 'n bevolking volgens die sensus van 2011 van 251 262 is Drakenstein die naasgrootste munisipaliteit in die provinsie. Die grootste bevolkingsgroep in daardie jaar was die bruines op 157 029, gevolg deur 56 963 swartes, 33 959 blankes en 998 Indiërs/Asiërs.[1]