Du Preez Stoltz
From Wikipedia, the free encyclopedia
Du Preez Stoltz is 'n Afrikaanse sanger wat geestelike liedere sing. Sy debuutalbum, Hy Leef In My is in 2010 deur SELECT-musiek vrygestel. Hy is ook deel van die musiekgroep SA se Eie Drie Tenore saam met Phillip Kotze en Chris Coetzer (in Jannie Moolman se plek).
Kitsfeite Gebore, Beroep(e) ...
Du Preez Stoltz | |
---|---|
Gebore | Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sanger |
Jare aktief | 2010 - nou |
Etikette | SELECT |
Sluit
Du Preez het in 1996 aan Hoƫrskool Welkom Gimnasium gematrikuleer en daarna die graad B.Soc.Sc aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Hy het aanvanklik begin om teologie te studeer, maar het later na sielkunde oorgeskakel.
Hy is in Desember 2008 met Nadia getroud. Hulle het twee dogtertjies.[1]