Eendekuil
dorp in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Eendekuil is 'n dorp in die Swartland-streek van die Wes-Kaap, Suid-Afrika, suidwes van Citrusdal en 160 km van Kaapstad. Die naam is afgelei van die baie wilde eende en ander watervoëls wat op 'n tyd volop hier was; daar is baie vleie en panne in die distrik. In 2011 het die dorp 'n bevolking van 1530 gehad, waarvan slegs 99 (6,5%) Blank was.[1] Die dorp en die vallei word omring deur die Olifantsrivierberge in die noordooste en die Piketberge in die weste.
Eendekuil | |
---|---|
Kerk op Eendekuil | |
Koördinate: 32°41′S 18°53′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Weskus |
Munisipaliteit | Bergrivier |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,85 km2 (0,33 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 530 |
• Digtheid | 1 800/km2 (5 000/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.5% |
• Indiërs/Asiërs | 1.1% |
• Bruin mense | 89.3% |
• Swart mense | 2.2% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.9% |
• Ander | 2.2% |
• Engels | 0.9% |
Poskode (strate) | 7335 |
Skakelkode | 022 |
Die dorp was oorspronklik die terminus van die spoorlyn vanaf Kaapstad tot aan die einde van die Tweede Vryheidsoorlog toe dit verleng is. 'n Busdiens tussen Eendekuil en Citrusdal is omstreeks 1924 ingestel.
Citrusdal se sitrusoes word in die seisoen nog hier gelaai vir versending. Die dorpie is ook bekend vir sy Cheddar- en Goudakaas. Eendekuil is een van min nedersettings in die gebied waar 'n hotel opgerig is. Dit dateer uit 1900 en is in 1952 herbou.[2]