Europese Sokkerkampioenskap 2016
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Europese Sokkerkampioenskap 2016 (UEFA Europa-beker; amptelik UEFA EURO 2016 of kort Euro 2016, Frans: Championnat d'Europe de football 2016) is van 10 Junie tot 10 Julie 2016 in Frankryk aangebied. Dit was die 15de aanbieding van die vierjaarlikse UEFA Europa-beker-toernooi en die derde keer (1960, 1984 en 2016) wat Frankryk die geleentheid gekry het om as gasheer op te tree.
UEFA Euro 2016 | |
---|---|
Logo van die Sokkerkampioenskap | |
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Frankryk |
Datums | 10 Junie – 10 Julie |
Spanne | 24 (van 1 konfederasie) |
Stadions | 10 (in 10 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Portugal (1 titel) |
Tweede plek | Frankryk |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 51 |
Doele | 108 (2.12 per wedstryd) |
Bywoning | 2 427 303 (47 594 per wedstryd) |
Meeste punte | Antoine Griezmann (6 doele) |
Beste speler | Antoine Griezmann |
← 2012 2021 → |
Vir die eerste keer in die geskiedenis het 24 spanne vanuit verskeie Europese lande aan die toernooi deelgeneem. Dit is ’n uitbreiding van 8 spanne, waardeur daar ook 20 wedstryde meer gespeel is. Die sokkerspanne van Albanië, Noord-Ierland, Slowakye, Wallis en Ysland het vir die eerste keer aan die UEFA Europa-beker-toernooi deelgeneem.
Spanje was die tweemalige houer en die verdedigende kampioen van die UEFA-trofee, nadat hulle die toernooie in 2008 en in 2012 gewen het. Portugal het die trofee gewen nadat hulle die gasheer Frankryk op 10 Julie op die Stade de France in Saint-Denis met 1–0 in ekstra tyd geklop het en sodoende hul eerste Europese titel ingepalm het; Portugal het daarmee regstreeks vir die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2017 in Rusland gekwalifiseer.[1] Die verdedigende kampioen Spanje is in die agtste eindrondte uitgeskakel.
Frankryk is op 28 Mei 2010 in Genève deur die UEFA gekies as die gasheer vir die Europese Sokkerkampioenskap 2016. Ander kandidaatlande was Italië en Turkye asook ’n gemeenskaplike kandidatuur deur Noorweë en Swede, maar Noorweë en Swede het voor die stemming hulleself onttrek.[2]
Die stemming het as volg verloop:
Die gasheer Frankryk het regstreeks vir die Europese Sokkerkampioenskap 2016 gekwalifiseer. Tydens die kwalifisering het 53 spanne om die oorblywende 23 plekke meegeding.
Kwalifiserende spanne
Die volgende 24 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer:
Span | Verskynings by eindstryde | Agtereenvolgende deelnames | Laaste verskyning | Vorige beste prestasie |
---|---|---|---|---|
Albanië | 1ste | 1 | – | Debuut |
België | 5de | 1 | 2000 | Naaswenner (1980) |
Duitsland | 12de | 12 | 2012 | Kampioen (1972, 1980, 1996) |
Engeland | 9de | 2 | 2012 | Derde plek (1968) |
Frankryk | 9de | 7 | 2012 | Kampioen (1984, 2000) |
Hongarye | 3de | 1 | 1972 | Derde plek (1964) |
Ierland | 3de | 2 | 2012 | Groepfase (1988, 2012) |
Italië | 9de | 6 | 2012 | Kampioen (1968) |
Kroasië | 5de | 4 | 2012 | Kwarteindrondte (1996, 2008) |
Noord-Ierland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Oekraïne | 2de | 2 | 2012 | Groepfase (2012) |
Oostenryk | 2de | 1 | 2008 | Groepfase (2008) |
Pole | 3de | 2 | 2012 | Groepfase (2008, 2012) |
Portugal | 7de | 6 | 2012 | Naaswenner (2004) |
Roemenië | 5de | 1 | 2008 | Kwarteindrondte (2000) |
Rusland | 11de | 4 | 2012 | Kampioen (1960) |
Slowakye | 1ste | 1 | – | Debuut |
Swede | 6de | 5 | 2012 | Halfeindrondte (1992) |
Switserland | 4de | 1 | 2008 | Groepfase (1996, 2004, 2008) |
Spanje | 10de | 6 | 2012 | Kampioen (2008, 2012) |
Tsjeggië | 9de | 6 | 2012 | Kampioen (1976) |
Turkye | 4de | 1 | 2008 | Halfeindrondte (2008) |
Wallis | 1ste | 1 | – | Debuut |
Ysland | 1ste | 1 | – | Debuut |
Die wedstryde is in tien stede en in tien stadions gespeel.
Die Franse Sokkervereniging wys in November 2009 twaalf speelstede aan: Saint-Denis, Marseille, Lyon, Villeneuve-d'Ascq, Parys, Lens, Saint-Étienne, Toulouse, Bordeaux, Straatsburg, Nice en Nancy. Dit word later verminder tot 9 speelstede (Straatsburg, Saint-Étienne en Toulouse val weg). In Junie 2011 word Saint-Étienne en Toulouse weer bygevoeg by die lys, maar in Desember 2011 besluit Nancy om af te sien van die toernooi, omdat die opknapping van hul stadion nie betyds voltooi sou word nie.[5]
Saint-Denis | Marseille | Lyon | Lille |
---|---|---|---|
Stade de France | Stade Vélodrome | Parc Olympique Lyonnais | Stade Pierre-Mauroy |
48°55′28″N 2°21′36.7″O | 43°16′11.4″N 5°23′45.3″O | 45°45′55.9″N 4°58′48.3″O | 50°36′40.6″N 3°7′41.5″O |
Kapasiteit: 81 338 | Kapasiteit: 67 394 (opgegradeer) |
Kapasiteit: 59 286 (nuwe stadion) |
Kapasiteit: 50 186 (nuwe stadion) |
Europese Sokkerkampioenskap 2016 (Frankryk) | |||
Parys | Bordeaux | ||
Parc des Princes | Nouveau Stade de Bordeaux | ||
48°50′29.3″N 2°15′10.8″O | 44°53′50.5″N 0°33′41.8″W | ||
Kapasiteit: 48 712 (opgegradeer) |
Kapasiteit: 42 115 (nuwe stadion) | ||
Saint-Étienne | Nice | Lens | Toulouse |
Stade Geoffroy-Guichard | Allianz Riviera | Stade Félix-Bollaert | Stadium Municipal |
45°27′38.7″N 4°23′24.6″O | 43°42′18.3″N 7°11′33.5″O | 50°25′58.3″N 2°48′53.5″O | 43°35′3.1″N 1°26′0″O |
Kapasiteit: 41 965 (opgegradeer) |
Kapasiteit: 35 624 (nuwe stadion) |
Kapasiteit: 38 223 (opgegradeer) |
Kapasiteit: 33 150 (opgegradeer) |
Vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis is twee amptelike balle gebruik.[6] Die Adidas Beau Jeu, wat tydens die groepfase gebruik is, is op 12 November 2015 deur die voormalige Franse sokkerspeler Zinedine Zidane onthul.[7] Gedurende die toernooi is die Adidas Fracas as die eksklusiewe wedstrydbal vir die uitklopfase ingevoer.[6]
Die Europese Sokkerkampioenskap 2016 is oor 30 dae tussen 24 verskillende nasies oor 51 wedstryde uitgespeel. Dit het op 10 Junie 2016 op die Stade de France in Saint-Denis met ’n wedstryd tussen die gasheer Frankryk en Roemenië afgeskop. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 10 Julie met die eindstryd tussen Portugal en Frankryk, waartydens Portugal die Europese Sokkerkampioenskaptrofee ingepalm het.
Kalender
Die volgende tabel dui die Europese Sokkerkampioenskap 2016 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
|
|
Groepfase
Die Europese Sokkerkampioenskap 2016 is deur 24 nasionale sokkerspanne uitgespeel. Vir die groepfase is die 24 deelnemende spanne in ses groepe van vier spanne elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Drie punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens aangetekende doele gerangskik.
Klassifisering binne elke groep was gegrond op die volgende puntestelsel:
- Drie wedstrydpunte vir ’n oorwinning;
- Een vir ’n gelykop;
- geen vir ’n nederlaag.
Aan die einde van die groepfase is die spanne gerangskik van die eerste na die vierde posisie, gegrond op versamelde wedstrydpunte, met die twee top spanne en die vier beste derde-plek-spanne wat na die uitklopfase deurgedring het. As twee spanne gelyk op punte was, is die rangorde deur hul aantal aangetekende doele bepaal.
Uitklopfase
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: agt agtste eindstryde, vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde, ’n derdeplekwedstryd en die eindstryd.
Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het saam met die vier beste derde-plek-spanne na die uitklopfase deurgedring. Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná negentig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag was, is daar verder gespeel om die wenner te bepaal. Aanvanklik is daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 15 minute in elke rigting. As daar steeds nie ’n wenner was ná 120 minute nie, is die wenner deur ’n strafskopkompetisie bepaal.