Frik du Preez
Suid-Afrikaanse rugbyspeler / From Wikipedia, the free encyclopedia
Frederik Christoffel Hendrik "Frik" du Preez (gebore 28 November 1935) is 'n voormalige Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat Noord-Transvaal en die Springbokke verteenwoordig het. Hy is op 'n plaas naby Rustenburg gebore en het by Hoërskool Parys in Parys (Oranje-Vrystaat) skoolgegaan. Du Preez het meestal in die flank- of slotposisies gespeel.
| |||||
Volle naam | Frederik Christoffel Hendrik du Preez | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboortedatum | 28 November 1935 (1935-11-28) (88 jaar oud) | ||||
Geboorteplek | Distrik Rustenburg, Suid-Afrika | ||||
Skool | Standerton & Parys Hoërskole | ||||
Beroep | Lugmag, Boer | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Slot, flank | ||||
Amateurspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Weermag | |||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
Noord Transvaal | |||||
Nasionale span(ne) | |||||
Jare | Land | Weds | (pte) | ||
1960-1971 | Suid-Afrika | 38 | (3) |
Du Preez het sy toetsbuiging vir die Springbokke op 7 Januarie 1961 in die flankposisie teen Engeland op Twickenham gemaak. Hy speel sy laaste toets op 7 Augustus 1971 op die ouderdom van 35 as 'n slot teen Australië op die Sydney-krieketveld.
Du Preez was 'n uitstekende veelsydige rugbyspeler, en soos die Australiese slot John Eales was hy daardie seldsame verskynsel: 'n slot wat pale toe kon skop en selfs skepskop. Alhoewel hy nie besonder lank was nie, was hy 'n toring van krag in die lynstaan. Boonop het hy fantastiese spoed en fyn hardloopvaardighede met bal in die hand gehad, soos hy gewys het in die drie wat hy in 1968 teen die Britse Leeusgedruk het.
As 'n uitdrukking van die agting wat hy deur Suid-Afrikaanse rugbyliefhebbers geniet, is Du Preez aangewys as die land se rugbyspeler van die 20ste eeu.