Fédération Internationale de l'Automobile
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Fédération Internationale de l'Automobile (FIA, Afrikaans: "Internasionale Automobielfederasie") is 'n vereniging wat op 20 Junie 1904 gestig is as die Association Internationale des Automobile Clubs Reconnus (AIACR) om die belange van motororganisasies en motorgebruikers te verteenwoordig.
Kitsfeite Engelse naam, Afkorting ...
Fédération Internationale de l'Automobile | |
---|---|
'n Vragmotor met die FIA se kenteken daarop (2013) | |
Engelse naam | International Automobile Federation |
Afkorting | FIA |
Land | wêreldwyd |
Sportsoorte | Formule Een en vele ander |
Gestig op | 20 Junie 1904 |
Gestig in | Parys, Frankryk |
President | Mohammed Ben Sulayem |
Setel | Parys, Frankryk |
Lede | 240 nasionale federasies |
Affiliasie | Internasionale Olimpiese Komitee |
Amptelike tale | Engels, Frans, Italiaans |
Amptelike webwerf | fia.com |
Sluit
Vir die gewone publiek is FIA die beheerliggaam van vele motorrenbyeenkomste dwarsoor die wêreld, die bekendste hiervan is die Formule Eenreeks.