Georgiese skrifte
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Georgiese skrifte is die drie skryfstelsels wat gebruik word om Georgies mee te skryf: Asomtawroeli, Noeschoeri en Mchedroeli. Hul letters stem ooreen en het dieselfde name en alfabetiese volgorde. Al drie alfabette is eenkasstelsels (hulle het nie aparte bo- en onderkasletters nie). Hoewel al drie nog gebruik word, word Mchedroeli aanvaar as die standaard vir Georgies en die ander Kartweliese tale.
Kitsfeite
Georgiese skrifte | ||||
Soort skryfstelsel | Alfabet | |||
Tyd gebruik | Sedert 284 v.C. | |||
Rigting | Links na regs | |||
Tale | Georgies | |||
Stelsels | ||||
Moederstelsels | Onseker; alfabetiese volgorde geskoei op Grieks
| |||
ISO 15924 | Geor, 240 Geok, 241 | |||
Unicode | U+10A0–U+10FF, U+2D00–U+2D2F | |||
Nota | ||||
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat | ||||
|
Sluit
Die moderne skrifte het 33 letters. Hulle het oorspronklik 38 gehad, maar vyf het in onbruik geraak.