Glisien
chemiese verbinding / From Wikipedia, the free encyclopedia
Glisien (afgekort as Gly of G) is die aminosuur wat 'n enkele waterstof atoom as syketting het. Dit is die eenvoudigste moontlike aminosuur. Die chemiese formule van glisien is NH2‐CH2‐COOH. Glisien is een van die proteïnogeniese aminosure. In die genetiese kode, kodeer alle kodons wat met GG begin, naamlik GGU, GGC, GGA, en GGG, vir glisien.
Meer inligting Algemeen, Fasegedrag ...
Algemeen | |
---|---|
Naam | Glisien |
IUSTC-naam | Aminoetanoësuur |
Chemiese formule | C2H5O2N1 |
Molêre massa | 75.07 g/mol |
CAS-nommer | 56-40-6 |
Voorkoms | wit vaste stof |
Fasegedrag | |
Smeltpunt | 233 °C (dekomposisie) |
Kookpunt | |
Digtheid | 1.607 g/cm3 |
Oplosbaarheid | |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
LD50 | 2600 mg/kg (muis, oraal) |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Sluit
Glisien is 'n kleurlose kristallyne vaste stof met 'n soet smaak. Dit is die enigste achirale proteïnogeniese aminosuur. Dit kan inpas in hidrofiliese of hidrofobiese omgewings, as gevolg van sy minimale syketting van slegs een waterstofatoom. Die asielradikaal is glisiel.