Guanche
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Guanche was die oorspronklike inwoners van die Kanariese Eilande. Die term is voor die verowering van die eiland in 1496 gebruik vir die inwoners van die eiland Tenerife, wat van Berberse oorsprong was, maar word vandag gebruik om te verwys na die ou inwoners van die eilande.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Guanche | |
---|---|
Totale bevolking: | onbekend |
Belangrike bevolkings in: | Kanariese Eilande |
Taal: | Guanche, Silbo Gomero, Kanariese Spaans |
Geloofsoortuiging: | Animisme (Guanche-mitologie) |
Verwante etniese groepe: | Berbers |
Sluit
Weiding was belangrik, en verder was die bewoners betrokke by boerdery, visvang en handwerk. Die mense se kulturele struktuur was soortgelyk aan dié van ander antieke volke soos die Maori's van Nieu-Seeland en aborigines in Australië wat eeue lank geïsoleer was.
Die Guanche het hoofsaaklik in natuurlike grotte of lawa-buise gewoon, maar soms ook in klipskuilings en tente. Hulle het baie gode, geeste en duiwels aanbid en het hul afgestorwenes gebalsem.