Hendrik Spoorbek
legendariese persoonlikheid wat rondom dié van 'n lewende persoon gebou is. / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hendrik Spoorbek of Skoorbek (oorlede op Vrydag, die 13de Junie 1845, Tweefontein) is die legendariese persoonlikheid wat rondom dié van 'n lewende persoon gebou is.
Al is daar weinig amptelike dokumente wat sy lewensverhaal uitvoerig uitbeeld, is daar geen gebrek aan legendes wat hom as die towenaar van die Humansdorp-distrik uitbeeld nie. Dit is egter belangrik om te onthou: Humansdorp is eers in 1849 gestig, 4 jaar ná sy dood. Stories oor hom het egter dwarsoor Suid-Afrika opgeduik, vanaf die Kaapprovinsie, tot by die Soutpansberg. Die interessantheid steek nie soseer in Spoorbek as geskiedkundige persoon nie, maar liewer die verskynsel hoe stories en oorleweringe oor hom binne meer as 'n eeu hul eie loop geneem het, en dikwels onversoenbaar met mekaar weer verstrengel geraak het.