Hoërskool Strand
From Wikipedia, the free encyclopedia
Hoërskool Strand is 'n Afrikaanse hoërskool wat in Sarel Cilliersstraat, Strand, geleë is. Die skoolhoof is Danie Malan. Die skoolhoof voor hom was Christiaan Klopper, voormalige adjunkhoof van Paul Roos Gimnasium. Hy volg Sanette Nowers op, wat op haar beurt in 2010 by Christo P. Vorster oorgeneem het. Nowers, wat voorheen skoolhoof van Hoër Meisieskool Bloemhof in Stellenbosch was, is bevorder tot Direkteur: Metro-Sentraal Onderwysdistrik.
Kitsfeite Leuse, Gestig ...
Hoërskool Strand | |
Leuse | Volhard en Oorwin |
---|---|
Gestig | 1963 |
Tipe | Openbare skool |
Hoof | Mnr. Danie B. Malan |
Leerlinge | 1 094 |
Grade | 8–12 |
Adres | Sarel Cilliersstraat 205 |
Stad | Strand, Kaapstad |
Provinsie | Wes-Kaap |
Land | Suid-Afrika |
Koshuis(e) | Geen |
Skoolkoerant | Suidooster |
Webblad | www |
Sluit
Die leerdertal staan in 2014 op 1 067.[1] In 2013 huisves Hoërskool Strand die grootste matriekklas in sy geskiedenis, met 231 leerders wat die Nasionale Seniorsertifikaat skryf.[2] In 2014 het die matriekklas 195 leerders.[1]