Jacques de Coning
Afrikaanse sanger / From Wikipedia, the free encyclopedia
Hendrik Theo Jacques de Coning (5 Augustus 1966 – 9 Junie 2019) was 'n Afrikaanse sanger wat veral bekend was vir sy vrolike vertolking van bekende FAK-liedjies.
Kitsfeite Geboortenaam, Gebore ...
Jacques de Coning | |
---|---|
Geboortenaam | Hendrik Theo Jacques de Coning |
Gebore | 5 Augustus 1966 Port Elizabeth, Kaapprovinsie |
Sterf | 9 Junie 2019 (op 52) Alexandria, Oos-Kaap |
Genres | Rock, pop, boeremusiek, reggae |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer |
Instrumente | Kitaar, mondfluitjie |
Jare aktief | 1998–2019 |
Etikette | SELECT, EMI |
Webwerf | jacquesdeconing |
Sluit
Jacques de Coning het sy Afrikaanse liedjieskryfloopbaan in 1998 begin toe hy 'n vir die Griekwa-rugbyspan skryf. Hy verwerf bekendheid met sy album Afrikaans my trots, wat met die verkoop van meer as 100 000 kopieë goue status verwerf.
Jacques de Coning is op Sondag-oggend 9 Junie 2019 omstreeks 10:30 in 'n motorongeluk net buite Alexandria op die R72 tussen Kenton-on-Sea en Boesmansriviermond in die Oos-Kaap oorlede.[1]
Sy seun, Basil, is vyf jaar tevore ook in 'n motorongeluk oorlede.