Je Khenpo
From Wikipedia, the free encyclopedia
Je Khenpo (Dzongkha: རྗེ་མཁན་པོ་, Wylie: Rje Mkhan-po) is die titel van die senior godsdiensleier van Bhoetan, die hoof-ab van die land se sentrale kloosterliggaam.[1] Hy word ondersteun deur vyf Lopen Rinpoches ("geleerde meesters").[2]
Die Je Khenpo is ook amptelik die hoof van die suidelike tak van die Drukpa Kagyu-sekte, wat deel is van die Kagyu-tradisie van Himalaja-Boeddhisme. Net hy en die koning van die land (Druk Gyalpo) mag ’n saffraangeel kabney dra.[3]