Joe Foster - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Joe Foster.

Joe Foster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Joe Foster
GeboortenaamJohan Vorster[1]
Beroep(e)Sanger, liedjieskrywer, vervaardiger
Genre(s)Ligte Afrikaanse musiek, popmusiek
Webwerfjoefoster.co.za
AssosiasiesADAM[2][3]
Portal.svg Musiekportaal

Joe Foster (gebore Johan Vorster) is 'n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, solosanger en voormalige lid van die mansgroep ADAM.[2] Hy het verskeie trefferliedjies soos "Gebore om jou lief te hê", "Hartklop" en "Hart se volkslied" geskryf. Hy tree gereeld by musiekfeeste op en het onder andere by die Huisgenoot-Skouspel opgetree.

Biografie

Foster het reeds op agtjarige ouderdom in musiek begin belangstel. Op 13 skryf hy sy eerste liedjie en op 19 is sy eerste album, "Invisble Destiny" opgeneem (nie meer beskikbaar is nie). Na die opname van "Invisble Destiny" het hy 'n kwalifikasie in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Technology College in Amsterdam in die Nederland verwerf. Met sy terugkeer het hy sy eie ateljee en platemaatskappy begin en het voltyds as 'n musiekvervaardiger gewerk, onder andere aan albums soos die van Karen Wessels se "Hoe Durf Jy".

In 2010 sluit hy as 'n voltydse lid van die groep ADAM aan. In November 2013 stel hy sy debuut-enkelsnit met die naam, "Pad Na Jou Hart" vry. Dit is die temalied van die gelyknamige rolprent, Pad na jou hart, waarin hy ook as akteur verskyn.

Diskografie

  • 2015: Hartklank
  • 2018: Volgende Stap

Filmografie

TV-reekse

  • 2014: Binneland (as homself)

Verwysings

Bronne

  • "Pad na jou hart-sanger in sepie te sien". Maroela Media. 10 Februarie 2014. Besoek op 10 September 2018.

Eksterne skakels

Musiekvideo's

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Joe Foster
Listen to this article