Klipwerf
Suid-Afrikaanse musiekgroep / From Wikipedia, the free encyclopedia
Klipwerf is ’n bekende Suid-Afrikaanse musiekgroep wat boeremusiek speel. Die groep is in 1969 gestig deur Hentie Visagie en sy seuns, Johann en Kobus, saam met Nicol Louw. Hulle eerste album is eers in 1988 opgeneem (20 jaar ná stigting). Huidige lede is: Kobus Visagie (klawerbord), Genè van Niekerk (klawerbord), Johnny Dreyer (tromme) en Willie Burger (kitaar).
Kitsfeite Genres, Jare aktief ...
Klipwerf | |
---|---|
Genres | Boeremusiek |
Jare aktief | 1969 – nou |
Webwerf | klipwerf |
Lede | Kobus Visagie Genè van Niekerk Johnny Dreyer Willie Burger[1] |
Gewese lede | Hentie Visagie Johann Visagie Nicol Louw Wernich Nagel Johannes v/d Colff Pieter van Loggerenberg Abie Lourens Willem Nel Theunis Nel Edwin Bradley[2] |
Sluit
In 2010 ontvang hulle ’n SAMA-toekenning in die kategorie beste Afrikaanse tradisionele musiek vir Hantam Carnival.[3]