Koördinasiegetal
From Wikipedia, the free encyclopedia
In chemie, kristallografie en materiaalwetenskap is die koördinasiegetal, ook bekend as ligansie, van 'n sentrale atoom in 'n molekule of kristal die aantal atome, molekules of ione wat daaraan gebind is. Die nabure van die sentrale atoom word ligande genoem.
Die konsep is in 1893 deur die Switserse chemikus Alfred Werner gedefinieer
Vir molekules en multi-atomiese ione word die koördinasiegetal van 'n atoom bepaal deur eenvoudig die ander atome waaraan dit gebind is (deur enkel- of meervoudige bindings) te tel.[1] Byvoorbeeld, [Cr(NH3)2Cl2Br2]- het Cr3+ as sentrale katioon, wat 'n koördinasiegetal van 6 het en beskryf word as heksakoördinaat.
Die algemene koördinasiegetalle is 4 vir 'n tetraëdriese omringing, 6 vir oktaëdriese omringing en 8 vir 'n heksaëdriese omringing.