From Wikipedia, the free encyclopedia
Komga is 'n dorpie in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Sy ontstaan kan teruggespoor word na 1847 toe daar 'n weermagkamp aangelê is tydens die Sewende Grensoorlog. 'n Permanente polisiestasie is opgerig in 1877 tydens die Negende Grensoorlog toe 'n dorpie as administratiewe sentrum uitgelê is vir die groeiende aantal boere wat hulle gevestig het op die vrugbare grasveld.
Komga | |
---|---|
Koördinate: 32°34′37.2″S 27°53′16.8″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | Amathole |
Plaaslike Munisipaliteit | Groot Kei |
Bevolking | |
• Totaal | 1 267 |
• Digtheid | 240/km2 (600/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 4950 |
Bees-en skaapboedery is die steunpilaar van die distrik van 1 476 km2. Komga is 'n vervorming van 'n Khoikhoi uitdrukking vir 'baie klei' of 'kleierig'.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.