Leonore Veenemans - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for Leonore Veenemans.

Leonore Veenemans

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Leonore Veenemans
GeboortenaamLeonore Mona Veenemans
Geboorte16 Februarie 1935
Witbank, Suid-Afrika
Afsterwe17 Februarie 1973
Prins Albert, Suid-Afrika
Beroep(e)Sangeres
Genre(s)Opera, ligte Afrikaanse musiek
Tipe stemSopraan
Aktiewe jare1961–1973
Portal.svg Musiekportaal
Die Veenemans-gesin: Bennie, Barbara, Bernard, Olga en Leonore.
Die Veenemans-gesin: Bennie, Barbara, Bernard, Olga en Leonore.
Leonore het kleintyd al talle trofeë op eisteddfods, kunswedstryde en in kompetisies gewen.
Leonore het kleintyd al talle trofeë op eisteddfods, kunswedstryde en in kompetisies gewen.
Leonore was nie net om haar stem bekend nie, maar ook om haar skoonheid en aangename persoonlikheid. Hier is sy met vakansie op Margate in 1957.
Leonore was nie net om haar stem bekend nie, maar ook om haar skoonheid en aangename persoonlikheid. Hier is sy met vakansie op Margate in 1957.

Leonore Mona Veenemans (getroude van Brewis) (Witbank 16 Februarie 1935 – naby Prins Albert 17 Februarie 1973) was 'n Suid-Afrikaanse sopraan wat opera- sowel as ligte musiek gesing het. Sy word waarskynlik die beste onthou vir haar vertolking van 'n Russiese volksliedjie wat in Afrikaans "Liefste Madelein" geword het. Hoewel sy slegs enkele langspelers tydens haar kort loopbaan in ligte musiek uitgereik het, is heelwat snitte van dié plate in later jare op versamelalbums ingesluit, ook nadat CD's langspeelplate vroeg in die jare 90 vervang het.

Lewensloop

Reeds tydens haar tienerjare het sy welslae op plaaslike eisteddfods behaal. Haar sangafrigter was die Walliese sopraan Gwladys Jones Webber. Tydens haar studie aan die Onderwyskollege in Pretoria het sy haar sangafrigting tydelik gestaak, maar dit in 1951 in Johannesburg onder Stella Cavalli hervat. Eva Harvey het aangebied om verdere studie te finansier toe Veenemans in enkele verhoogproduksies opgetree het en bekend geraak het danksy radio-uitsendings.

In 1961 vertrek sy na Wenen, die hoofstad van Oostenryk, waar sy ses maande lank studeer. Met haar terugkeer na Suid-Afrika word sy gekies om Adele in Die Fledermaus van Johan Strauss II te sing tydens 'n opvoedkundige toer van die Suid-Afrikaanse Operavereniging (OPSA). Met die opening van Johannesburg se Stadskouburg in 1962 kry sy die rol van Hänsel in Engelbert Humperdinck se opera oor Hansie en Grietjie.

Drie jaar later besluit sy om haar voltyds op haar sangloopbaan toe te spits en sing sy in verskeie opvoerings van die destydse streeksrade, in musiekrolprente en neem sy ook talle plate met gewilde nommers op, waarvan "Liefste Madelein", 'n vertaling gegrond op 'n Russiese volkswysie, die bekendste is. Vir haar operarolle is sy dikwels afgerig deur Jossie Boshoff en Joyce Barker. In 1969 bring sy besoek aan Milaan vir verdere opleiding.

Sy sterf in 1973 in 'n motorongeluk op die nasionale pad naby Prins Albert. Ondanks die raad van vriende en kollegas het sy op die aand van haar dood besluit om Johannesburg toe te ry ná 'n uitvoering in die Nico Malan-operahuis in Kaapstad.

Haar suster, Barbara Veenemans is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde opera soprane wat vir al die streeksrade hoofrolle in Suid-Afrika gesing het. Barbara se sangloopbaan het oor 45 jaar gestrek. Leonore se broer, Bennie Veenemans (as seunsopraan), het ook gesing en opnames gemaak. Bennie word beskou as een van die beste seunsoprane wat Suid-Afrika tot dusver opgelewer het. Hy het tallose kunswedstryde gewen en in talle konserte met die beste sangers van sy dag, soos Emma Renzi en Webster Booth, opgetree. Hy het hom later as dokter bekwaam en op Hazyview in Mpumalanga 'n praktyk gehad.

Operarolle

Die Fledermaus, 1961

Net ná haar terugkeer uit Wene, is Leonore gevra om op te tree vir die Opera Society of South Africa (Opsa) se opvoedkundige toer in haar eerste groot rol, dié van Adéle in Johan Strauss se operette Die Fledermaus. Joubero Malherbe vertel: "Hier is sy deur die Suid-Afrikaanse publiek op die hande gedra en elke opera en operette waarin sy daarna gesing het, was 'n groot sukses vir haar. Gedurende hierdie tyd ontvang sy onderskeidelik sangonderrig in Suid-Afrika van Xander Haagen en Joyce Barker."

Hänsel und Gretel, 1962

Met die opening van die Johannesburgse Stadskouburg in 1962 is Leonore genader om haar eerste operarol, dié van Hänsel in Humperdinck se opera Hänsel und Gretel, in die Stadskouburg te sing. In hierdie produksie het sy onder andere saam met Jossie Boshoff en Doris Brasch opgetree.

Die Huwelik van Figaro, 1963

Sy sing saam met onder meer Gert Potgieter, Dawie Couzyn, Nellie du Toit en Jossie Boshoff in die Truk-produksie met Anton Hartman as dirigent. Dis haar eerste hoofrol vir die destyds Transvaalse Raad vir die Uitvoerende Kunste toe sy die rol van Cherobino vertolk in die opvoering in Afrikaans. Daar was altesaam 13 opvoerings en dis beskou as 'n meer tradisionele produksie. Die speelvak was baie gewild en omtrent elke aand uitverkoop en het sowat R19 000,00 by die loket verdien.

PAK in die Pretoria News op 17 Mei 1963 het die volgende onder die opskrif "No champagne at the wedding" geskryf: "Dawie Couzyn, who displays a lively feeling for comedy in his role as Figaro, and in partnership with Leonore Veenemans as the pageboy Cherobino, came closest to realising Mozart's intension in this light-hearted opera. (In) a somewhat self-conscious demonstration of enthusiasm, a group of students pelted Pretoria soprano Nellie du Toit with flowers at the end of last night's performance of 'Die Huwelik van Figaro' (The Marriage of Figaro) at the Aula. This was our introduction to PACT's Opera Company and the individual performances were often admirable, the Josef Witt production was rather over-large for Mozart's intimate work; the whole lacked pace and, the emphasis on solidity and weight, it seldom had elegance … Without Dawie Couzyn's Figaro and Leonore Veenemans's Cherobino, the rather protracted performance would have been sadly lacking in any spirit of animation, though Nellie du Toit, as the Countess, was not in good voice but showed a nice humour of these complicated situations … Leonore Veenemans was a delightful Cherobino, dominating the stage with a lively boyishness from the first entrance . . ."

Die Fledermaus, 1966

Sy vertolk die rol van Rosalinda in Johan Strauss se komiese operette vir Truk tydens plattelandse toere deur Suid-Afrika. Sy toer onder andere saam met Dawie Couzyn, Nicolai Cencherle, Xander Haagen, en Ralie Meyer.

Die Sigeunerbaron, 1966

Op 11 Junie 1966 maak Leonore haar debuut in die Alhambra-teater in Durban vir Naruk in die rol van Saffi in Johann Strauss se Sigeunerbaron. As Saffi en Sandor was Leonore en Gé Korsten die ideale sangpaar. Hermien Dommisse het die regie behartig en Charles Denholm was die dirigent.

In die Natal Mercury van 27 Mei 1966 onder die opskrif "Exciting soprano" word die volgende oor Leonore geskryf: "She is South Africa's most exciting lyric soprano and I predict a brilliant future for her. This is how Miss Hermien Domisse, guest director of NAPAC's forthcoming 'Gipsy Baron', describes Leonore Veenemans, the young Benoni singer who will play the role of Saffi". Pieter Serfontein skryf in Die Transvaler op 16 Junie 1966: "NARUK kan met reg trots wees op hierdie opvoering … dit is beslis die beste wat nog in Durban op die planke was! Hierdie eer kom Hermien Dommisse (regisseuse) toe en natuurlik die opperbestuur wat haar gekies het om die Sigeunerbaron af te rig … Van die soliste was dit Leonore Veenemans (Saffi) en Gé Korsten wat 'n groot indruk gemaak het. Mej. Veenemans se Saffi is 'n natuurlike jong meisie, vol grasie en opregtheid. As dit later aan die lig kom dat sy van adellike afkoms is, kan 'n mens begryp waarom die Sigeunervurigheid ontbreek. Haar sangstem het die afgelope jaar sedert ons haar hier in Die Huwelik van Figaro gehoor het, tonne verbeter. Daar is nou 'n dramatiese kwaliteit wat sy tegnies ten volle benut. Die bekende Sigeunerlied het sy byvoorbeeld uitstekend gesing. 'n Sangeres wat ons hier (soos Hermien Dommisse) baie meer van behoort te hoor. Haar warme persoonlikheid behoort te pas by vele operarolle … 'n Groot applous vir die twee sangers wat ondanks 'n ongedissiplineerde (en uiters swaar) orkes, sang van hoë gehalte gelewer het..."

Cosi fan tute, 1966

Gedurende 1966 is Leonore op toer vir Truk en sing die hoofrol van Fiordiligi in dié Mozart-opera

The Bartered Bride, 1966

Op 14, 17, 20, 22 Desember sing Leonore vir Truk die rol van Mařenka in Bedřich Smetena se opera "The Bartered Bride" wat sy met Nellie du Toit deel. Die opera word in Engels opgevoer. Dit was een van twee operas waarin die Veenemans-susters saam opgetree het; Barbara het die rol van Hata vertolk. Die opera is in die Aula in Pretoria sowel as in die Johannesburgse Stadskouburg opgevoer. Krušina is gesing deur Jaco van der Merwe, Ludmilla deur Stella Beder en Micha deur Wicus Slabbert. Gert Potgieter het Vašek vertolk en Gé Korsten was Jenik. Ander bekendes was Webster Booth as die Ringmeester en Margaretha Deysel as Esmeralda. Dirigent: Leo Quayle. Regisseur: Victor Melleney.

Pieter Serfontein van Die Transvaler skryf op 20 Desember 1966 die volgende resensie onder die opskrif "Jong kunstenaars beïndruk in opera en ballet": "Saterdag het drie jong kunstenaars die geleentheid gehad om hoofrolle te vertolk in TRUK se huidige opera- en balletopvoerings. In die aandopvoering het Leonore Veenemans die Mařenka-rol in Die Verkoopte Bruid gesing. SOPRAAN: Ons het Leonore Veenemans ongeveer vier jaar gelede hier in 'n opera-opvoering gesien. Dit is jammer. Indien hierdie voortreflike sopraan meer dikwels gebruik was in die verlede sou sy vandag beslis gereken kon word as een van ons voorste operasangeresse. Die sangstem is daar, die gawe tot toneelspeel ook … Leonore Veenemans se Marenka is 'n vrolike opgewekte dorpsmeisie wat groot patos toon sodra sy uitvind dat haar geliefde "ontrou" is. Haar voorstelling van die rol is geloofwaardig. In Saterdagaand se opvoering was sy die enigste wat oortuig het as 'n karakter. 'n Mens kon in Marenka glo, jy het saam met haar droefheid en vrolikheid meegemaak. Maar nommer een is die sopraan se uitstekende tegniek. Wat die opvallendste is, is dat mej Veenemans emosie met haar sangstem kan weergee. Dink hier bv aan haar lewering van Marenka se groot aria in die derde bedryf. Dit was vol patos, eensaamheid, nostalgie, en met haar tegniese suiwerheid het Leonore Veenemans die aria 'n hoogtepunt in hierdie opvoering gemaak. Geen wonder die gehoor was luidrugtig in sy applous nadat hierdie eerlike sangeres die skone aria gesing het nie. 'n Mens kan net hoop dat TRUK in die toekoms baie meer van Leonore Veenemans sal gebruik maak. Daar is talle rolle wat sy met groot sukses sal kan sing. Dink maar aan die talle romantiese operas waarin sy 'n ware heldin kan wees. Sy verdien erkenning, want Saterdagaand het sy 'gearriveer' as operasopraan."

The Bartered Bride, 1967

In Mei 1967 herhaal Truk sy produksie van "The Bartered Bride" met in die rolverdeling Jaco van der Merwe, Stella Beder, Leonore Veenemans, Barbara Veenemans, Gert Potgieter, Lloyd Strauss-Smith, Øystein Liltved, Webster Booth, Margaretha Deysel, John Llewellyn. Diriget: Leo Quayle. Die regisseur was Victor Melleney.

In 'n resensie (koerant en datum onbekend) skryf PRB onder die opskrif "Potgieter skitter in komiese rol": "Die heropvoering van die volksopera deur Truk was 'n goeie gedagte, veral met die oog op die feit dat die tragiese opera, Macbeth van vanaand om die beurt aangebied word. Leo Quayle het die orkes met 'n vaste hand gedirigeer, maar tog die lewenslustige kwaliteit wat die opera verlang, behou. Met die openingsakkoord van die ouverture was dit duidelik dat die orkes in goeie hande is. Die regte atmosfeer is geskep deur Bill Smuts se effektiewe dekor en hoewel daar geen dekorverwisseling dwarsdeur die opera is nie, word die toeskouer nooit moeg daarvoor nie. TRUK se balletgeselskap het ook daarvoor gesorg dat die opera 'n dansende opera gebly het, veral die Dans van die Komediante was 'n juweel (die oorspronklike choreografie is gedoen deur Frank Staff en Nina Alova was verantwoordelik vir die herproduksie).

"Gert Potgieter as Vasek het beslis die kalklig gesteel met sy byna idiotiese voorkoms en vertolking van die rol. Hy het weereens gewys dat hy uitblink in komiese rolle. Al die sangers het deurgaans 'n hoë standaard gehandhaaf. Lloyd Strauss-Smith is voorwaar 'n aanwins op die operaverhoog. Hy het goed in die rol van Jenik gepas en hoewel daar min geleentheid was om te wys waar toe hy in staat is, het hy 'n uitstekende vertolking gelewer. Sy tenoorstem is resonant en sy diksie duidelik. Die vertolking van Leonore Veenemans was baie goed. Sy het as 'die bruid' die ernstige sowel as die lighartige momente goed uitgebeeld. Ek het haar lanklaas so goed hoor sing. Haar duet in die tweede bedryf met Vasek waar sy koketterig met hom flankeer was uitstaande. Haar kostuum in die eerste bedryf was na my smaak egter te lomp en lelik. As die huweliksmous Kecal, het Øystein Liltved 'n goeie vertolking gelewer. Sy solo 'Laat alles aan my oor' in die eerste bedryf verdien 'n pluimpie. Jaco van der Merwe as Krusina, Stella Beder as Ludmilla en Nicolai Cencherle het goed in die ondersteunende rolle gepas en hul ensemblewerk was ook goed. Veral die ouerpare in die tweede bedryf het in die kwintette geskitter. Die koormeester, Neil Chapman, behoort 'n knoopsgatruiker aangesteek te word vir sy koorafrigting. Die koorsang was puik. Ongelukkig was daar soos in alle kore die enkeling wat ook graag 'n solis wil wees wat steurend kan wees vir die gehoor. Victor Melleney het hom goed van sy taak gekwyt met die kleurryke en sprankelende opera wat op 'n hoë noot afgesit het. Die ondersteunende rolle van Hata (Barbara Veenemans), Micha (Xander Haagen), die Indiaan (John Llewelyn) is baie goed vertolk. Die Verkoopte Bruid waarvan die meeste musiek (veral die koorwerk) gegrond is op Tsjeggiese volkswysies word op 5, 11 en 13 Mei in die Johannesburgse Skouburg aangebied. Daarna gaan dit na die Aula, Pretoria."

Nabucco, 1968

In 1968 vertolk Leonore die rol van Fenena in Truk se produksie van Giuseppe Verdi se Nabucco met groot sukses. Renato Bruson het die naamrol gesing en Gert Potgieter was Ismaele met Boris Carmeli as Zaccaria, Joyce Barker as Abigaille, Leonore as Fenena, James Coker as die hoëpriester, James Jackson as Abdallo en Stella Beder as Anna. Die dirigent was Franco Ferraris en die regisseur Victor Melleney met ontwerp deur Raimond Schoop.

Die bedelaarstudent, 1968

Hierdie operette is in die Ernest Oppenheimer-skouburg in Welkom opgevoer met Leonore en Gé Korsten in die hoofrolle. Ander sangers was Nicola Cencherle, Louisa le Roux-Cronje en Albie Louw. Die dirigent was Eberhard Künkel en Kasimir Dubinski was vir die ontwerp verantwoordelik. Dit was die eerste produksie in hierdie nuwe skouburg en die openingsaand was 15 Februarie 1968.

F. Oosthuizen het die opvoering as volg geresenseer: "Met groot swier en statigheid is Welkom se skouburg gisteraand ingewy met die première van Millöcker se Weense operette Die Bedelaarstudent. Die aanbieding as geheel kan as 'n groot sukses beskou word en veral die teater bewys gelewer dat dit in alle opsigte voldoen aan akoestiese vereistes. Eberhard Künkel verdien lof vir die bekwame wyse waarop hy die Durbanse stadsorkes beheer het, maar ongelukkig was die ewewig tussen orkes en die koor van 80 lede by tye te erg versteur. Die soliste was puik met veral Leonore Veenemans as die skalkse koketterige Lora . . . die glanspunt op die verhoog. Gé Korsten se gewone sjarmante aantreklikheid het pragtig saamgevloei met sy vertolking van Simon Rymanowich, die jong bedelaarstudent wat skielik deur ongewone omstandighede in die rol van 'n jong miljoenêr beland, wat die hand van die skone Lora moet verower. Die aangenaamste verassing van die aand was Nicola Cencherle se vertolking van Jan Janicki, Simon se studentevriend wat verlief raak op Bromislawa, Lora se jonger suster, vertolk deur die Bloemfonteinse sopraan Louisa le Roux-Cronje. Die liefdesdeel deur die twee het dan ook die grootste byval gevind. Albie Louw as kol. Ollendorf wat wraak sweer op Lora nadat sy hom verneder het, was die sentrale figuur waarom alles gedraai het. Van sy eerste verskyning af het hy die gehoor aan sy voete gehad met sy sprankelende spel en kwinkslae soos by een geleentheid toe verwys is na Oppenheimer se miljoene wat ietwat vreemd voorkom in 'n Weense operette. Alle eer aan Kasimir Dubinski wat verantwoordelik was vir die dekor ontwerp met al sy kunstige uitbeelding van die tronk in Krakau."

Peter Grimes, 1969

Leonore sing sewe aande van die rol van een van die niggies in Benjamin Britten se opera "Peter Grimes" in "onvergeetlike opvoerings"[1] saam met Gert Potgieter in die hoofrol as Grimes vir Truk. Hier is baanbrekerswerk gedoen wat nuwe repertoire aan operaliefhebbers bekendgestel het. Buiten Ava June, was al die sangers in hierdie opera Suid-Afrikaners wat die sukses soveel groter gemaak het. Die ander sangers was: Eddie Prinsloo, Lawrence Folley, Marita Knobel, Ralie Meyer, George Kok, Øystein Liltved, Stella Beder, Adams James Jackson, Jaco van der Merwe en Rudi Neitz. Dirigent: Leo Quayle; regisseur: Victor Melleney; ontwerp: Raimond Schoop.

Die volgende uittreksel is uit ’n resensie wat verskyn het op 25 April 1969 onder die opskrif "PACT’S opera was packed with Benonians" (koerant onbekend): "Benoni is certainly well represented in 'Peter Grimes', Benjamin Britten's modern opera, being produced by PACT and currently running in Pretoria. The nine Benoni members of the cast include five members from one family, Lawrence Folley, the internationally famous baritone, who plays Balstrode, and Mrs Marie Folley, plays a first violin in the PACT orchestra. Their daughter Roxan is in the chorus, as is Mrs Folley's sister, Shirley Herholdt, whose son Petrus takes a small part. Miss Leonore Veenemans, a soprano, takes the part of a niece and other Benoni members are Miss Denise Oakley, Mrs Sorida Gerber and Mrs Evelyn Jones. When the final curtain came down on Saturday evening, the opening night of “Peter Grimes” in Pretoria and South Africa, Miss Veenemans and Mr Folley shared enthusiastic ovation. Prior to the opera they had completed a tour with PACT as Madame Butterfly and Sharpless in 'Madame Butterfly' and as soon as the PACT season in Johannesburg ends, they will travel to Cape Town, and will appear in “Die Fledermaus” as Rosalinde and Eisenstein, for the Cape Town Opera season. After the Cape Town season, Miss Veenemans will travel to Italy in order to further her studies. Her first long playing record will be released at the end of this month.”

Madama Butterfly, 1969

Op die webwerf gewy aan die Veenemans-sangers, word gesê: “As daar een rol is wat uitgesonder kan word wat Leonore fantasties vertolk het, dan is dit die rol van Cio-Cio-San in Puccini se bekende opera Madama Butterfly. Leonore het die rol met passievolle deernis vertolk. Sy kon haar ten volle in die rol inleef. Die slottoneel het veral die gehoor geraak, want die rol van die kind was deur haar eie dogtertjie, die vyfjarige Liezel, gespeel. Leonore het ook tydens verskeie onderhoude genoem dat Cio-Cio-San haar gunsteling rol was om te sing. Die musiek het tot haar gespreek en het uitstekend by haar stem gepas.” Truk het Madama Butterfly 10 keer in Engels opgevoer. Elizabeth Vaughan het die hoofrol met Leonore gedeel. Die ander sangers was: Marita Knobel, David Hughes, Bob Borowsky, Gert Potgieter, Xander Haagen, Øystein Liltvedt, James Jackson, Rita Roberts. Dirigent: Leo Quayle; regisseur: Victor Melleney; ontwerp: Aubrey Couling.

Madama Butterfly, 1970

Weer sing Leonore die rol van Cio-Cio-San vir Truk in September 1970. Leonore het ook vir Truk die rol op toer deur Suid-Afrika gesing. Dit was 'n rol wat sy beslis haar eie gemaak het.

Gianni Schicchi, 1970

Vir Truk sing Leonore in April 1970 in Puccini se opera “Gianni Schicchi” die rol van Lauretta. Haar suster Barbara sing die rol van Nella. Daar was altesaam 10 opvoerings in die Johannesburgse Stadskouburg sowel as in die Aula in Pretoria. Die produksie is in Afrikaans opgevoer, vertaal deur Gideon Roos. Die ander sangers was: Dawie Couzyn, Stella Beder, John Zaverdino, George Kok, Ken Anderson, Øystein Liltvedt, Xander Haagen, Marita Knobel, Bruce Anderson, Ian Donald, Harold Kok, Sameul Kock. Leo Quayle was die dirigent, Victor Melleney die regisseur en Graham Brown het die ontwerp behartig.

Hennie Joubert, resensent van Hoofstad skryf in sy resensie onder die opskrif “Gianni Schicchi het die publiek gaande”: “Van die twee eenbedrywe is dit natuurlik Gianni Schicchi wat met sy skitterende sprankeling en gevathede die publiek gaande het. In Johannesburg was dit nie net te danke aan Puccini se musikale ingewings of die teks nie (hoewel Gideon Roos se keurige vertaling in Afrikaans die staccato-pret uitstekend onderskraag het!), maar in besonder aan die gelukkige spontaniteit van die optrede van die spelers. Leonore Veenemans is 'n aria vir die oog! Dit was net so aangenaam om na haar te kyk as om na haar te luister in My Geliefde Vader … Dit is een van Truk se mees genotvolle aanbiedings in 'n lang tyd."

Die Sunday Times se resensie op 5 April 1970 onder die opskrif “Puccini one-acters” lui: "Dawie Couzyn is splendid as the arch-rascal Gianni, Leonore Veenemans is outstanding as his daughter Lauretta; John Zaverdino looks well as Lauretta's young sweetheart. A most satisfactory evening, and one to be recommended." Phillipa Breytenbach skryf in haar resensie in Die Transvaler van 1 April 1970 onder die opskrif “Na Tosca is eenakters ’n oase": “Die jong Suid-Afrikaanse sopraan Leonore Veenemans het stukke verbeter nadat ons haar laas in Madama Butterfly gesien het. Haar manier om te 'scoop' van een register na 'n ander register het heelwat verbeter. Met 'n goeie sangmeester sal sy die probleem maklik oorbrug. Haar weergawe van O my Geliefde Vader het groot byval gevind. Tog was dit Marita Knobel, Stella Beder en Barbara Veenemans wat die oog gevang het. Die sang van die drie het my veral beïndruk. Hier het ons goeie materiaal in drie sangeresse wat veel werd vir die opera hier kan wees. Die kwartet tussen Couzyn, Leonore Veenemans, Stella Beder en John Zaverdino was 'n hoogtepunt in die aanbieding." Joe Sack van die Rand Daily Mail skryf in sy resensie onder die opskrif “All entertainment in Pact operas”: "Tongue-in-cheek, Puccini even laughs at himself, when he gets Gianni Schicchi's daughter Lauretta, to persuade her father to change the will. Instead of a new aria, she suddenly sings one from 'La Boheme'. Leonore Veenemans sang it very well, too, with the seriousness and artistry that all good farce should exhibit."

Die Fledermaus, 1971

Op 11 Mei open Johan Strauss se operette in die Churchill-teater in Durban. Leonore sing vir Naruk die rol van Rosalinde onder andere saam met Lawrence Folley. Leonore en Lawrence was 'n geliefde sangpaar wat graag saam in produksies en konserte opgetree het. Die ander soliste was: Marianne Winter, Gert Potgieter, Kenneth Reynolds, Valerie Anderson, David Matheson, Leonore Groenewald, Jack Payne. Die regisseur was die Oostenryker Peter Brenner en die dirigent was die Israeli Aaron Charloff; kostuums is deur Tom Owen ontwerp en die dekor is deur David Sidey behartig.

Die Natal Witness op 4 Mei 1971 skryf die volgende: "Mrs Leonore Veenemans is one of the cast busy rehearsing for ‘Die Fledermaus’ which will have its opening night at the Winston Churchill Theatre on May 11th. Mrs Veenemans feels very enthusiastic about the production and is thoroughly enjoying the rehearsals. 'We all love our producer', she said, 'and I am sure it's going to be a super show'. This will be the second time that she and the lead opposite her, Mr L Folley, have done 'Die Fledermaus' together. They are both from Benoni and know one another well. After this show they will be appearing in 'Kiss me Kate' together. Mrs Veenemans only began singing seriously 10 years ago when she was 21. She had always thought that she would like to be a singer but never imagined that she could succeed. 'I think I was lucky that I did start so late, as I don't think it's good to tamper with your vocal chords before they are fully developed', she explained. Mrs Veenemans received most of her training on the stage. She started with minor parts and gradually moved to bigger roles. When she first started she was also a domestic science teacher in Benoni, which meant that she taught in the mornings and rehearsed in the afternoons. Now her hands are too full with her singing to enable her to continue teaching as well. Mrs Veenemans's husband is a vice principal in Benoni and they have one seven-year-old daughter. The daughter shares her mother's love of singing especially when it is happy music. ‘My husband doesn't have the same feeling and love for music that I have,’ said Mrs Veenemans, ‘but he is very proud of my singing and always encourages me.’ Mrs Veenemans has several other interests although she does not have the time to pursue them as she'd like. Once a week she goes to yoga and she is very fond of reading. 'I'm also mad on listening to music, but especially operatic and classical,’ she said." Dit was ook een van Leonore se wense om konserte in Holland, België en Engeland te gaan gee, maar weens haar vroeë dood het dit nooit ’n werklikheid geword nie.

Die Natal Mercury se Tim Aitchison skryf in sy resensie onder die opskrif “Fledermaus exhilarates”, oor die opvoering die volgende soos gepubliseer op 13 Mei 1971: "I BELIEVED, after this exhilarating production of 'Die Fledermaus', that Johan Strauss II's genius was the same kind if not quite of the same order as Mozart's; and I was reassured of my conviction that 'production' is almost all-important in opera generally and in South African opera particularly. Above all, the producer, Peter Brenner, from Germany, has made this delicious musical work into a piece of the most delightful theatrical entertainment. This is how an operatic tradition becomes established in a country and this 'Fledermaus' will live on because of the skilled way Mr Brenner has created theatre 'business' to fit the music – or conversely because the music so marvellously fits what is going on on the stage. Tremendously important too, is the happy fact that James Conrad had assembled a cast who contributed to the opera's success not only by singing well but by acting equally well. Leonore Veenemans, elegant and lovely as Rosalinde, sang and acted well indeed. Her production is exceptionally good and her voice, if a trifle hard at the top, rang truly and accurately in a fine evening of stylish, musical, singing and acting... This was one of NAPAC's finest opera productions, placing Natal at a highly competitive level compared to what I have seen in other provinces in this genre . . ."

La Boheme, 1971

In Oktober en November vertolk Leonore die rol van Musetta in Puccini se opera “La Bohéme” vir Naruk. Die rol van Mimi is eers vir Leonore aangebied, wat sy ook aanvaar het. Naruk het toe later besluit dat Nellie Du Toit die rol sou sing. Die rol van Musetta is toe vir haar aangebied. Dit het Leonore soos te verstaan baie ontstel, maar sy het wel later ingestem om die rol van Musetta te sing. Leonore het die rol haar eie gemaak. Haar weergawe van Musetta's Waltz Song terwyl sy op die tafel staan en met uitlokkende koketterigheid sing, was onvergeetlik. Die ander soliste was: Gé Korsten, Hans van Heerden, Øystein Liltved, Michael Bell, Walter Heinen, David Matheson. Dirigent: James Conrad; dekor: David Sidey; kostuums: Lucille Cross.

Elizabeth Clarke in die Sunday Express van 31 Oktober 1971 skryf die volgende met die opskrif “Boheme deserved acclaim”: "It must be the first time in NAPC's history that an opera season has been completely sold out, with no imported star either. James Conrad's production of 'La Boheme' has deserved its unprecedented acclaim by the Durban public. Musetta's 'Waltz Song' is so well known that it is difficult not to compare it with many recordings. However, Leonore Veenemans gave a good account of this showy peace of music (Musetta's Waltz Song) and in all gave a lively performance."

Kiss me kate, 1971

Leonore sing die rol van Lilli Vanessi in Cole Porter se Kiss me Kate vir die East Rand Musical Comedy Players, as deel van hulle een-en-twintigste bestaansjaarviering. Sy tree op onder meer saam met Lawrence Folley in die rol van Fred Graham, Dave Lewis as Bill Calhoun, Wally van Welie as Harry Trevor, Elizabeth Davies as Lois Lane en Allan Teddor as Ralph. Die regie is behartig deur Edward Hundermark en die musikale leiding deur Donald Dent. Die dekor is deur John Langley ontwerp.

Carmen, 1972

Leonore sing die rol van Micaëla in Bizet se Carmen vir Truk saam met onder meer Lawrence Folley as Escamillo. Die opera is 10 keer in Engels opgevoer. Die ander soliste was: Inca Polič, Joyce Blackham, Jean Bonhomme, Lawrence Folley, William Hill, Ian Donald, Hilary Thomas, Ilse Lotz, Jaco van der Merwe, George Kok. Leo Quayle was die dirigent, Victor Melleney die regisseur, die dekor was deur Anthony Farmer en die kostuums Reinhard Heinrich.

I Pagliacci, 1972

In Oktober sing Leonore vir Naruk die rol van Nedda in Leoncavallo se opera I Pagliacci in die Alhambra-teater. Saam met haar sing Sergei Baigildin as Pagliacci, Walter Johnson, Gwilam Evans, en Kenneth Reynolds.

The Merry Widow, 1973

Leonore se laaste optrede was ook haar eerste vir Kruik in Kaapstad in die destydse Nico Malanskouburg (nou Kunstekaap) in die rol van die weduwee Hanna Glawari in Léhar se bekende en geliefde operette. Die speelvlak was in Januarie en Februarie 1973. Die ander soliste was: Lawrence Folley, Rosemary Burton, Stephen Tudor, Angelo Gobbato. Die dirigent was Christopher Fifield, die regisseur Angelo Gobbato, Roy Cooke het die dekor behartig en Ulrich Binedell die kostuums ontwerp. Van die ander sangers en spelers was Malcolm Heyns, Jeff Smith, Jack Harvey, Phyllis Early, Ronald France, Liz Dick, Elliot Playfair, Zoë Randall en David Sherwood.

Rolprentloopbaan

Die Geheim van Nantes

Voor sy die eerste keer in ’n rolprent gespeel het, is Leonore in 1969 gevra om die temalied “Keer op keer” vir die rolprent “Die Geheim van Nantes” te sing. In 1970 maak sy haar rolprentdebuut in die eerste van twee Afrikaanse prente waarin sy sou speel.
In ’n onbekende publikasie is die volgende oor Leonore se lewe as filmster geskryf: “Sy is ons tweede operaster wat filmspeler geword het. Dit was mos Gé Korsten wat dié presedent gestel het. Net soos Gé het Leonore nou ook die driekuns behaal – as operaster, sangeres van ligte liedjies en filmspeler. Wie, buiten die gereelde groepie operagangers sou vandag van Gé en Leonore geweet het as hulle nie ook tot die meer populêre mark toegetree het nie. ‘Eintlik is ek so 'n bietjie bang,’ kom dit van Leonore. ‘Jy weet om bekend te word en so aan. Dis eintlik 'n teenstrydigheid. Ek sing tog nie net vir myself nie. Twee jaar gelede het ek vir die eerste keer kennis gemaak met 'n beroemde Suid-Afrikaner. Dit was Gé. Toe het ek gesien hoe mense hom op straat agterna staar en ek het so by myselwers gedink dit moet darem vreeslik wees as jy nie meer iets privaat kan doen nie. Aan die anderkant is dit natuurlik heerlik om op die hande gedra te word. Ek wonder of 'n mens 'n soort kompromis kan tref?' ...”

Leonore was aanvanklik onseker of sy die wêreld van rolprentaktrise wou aanvaar en het die aanbod om in Kavaliers se rolprente op te tree met groot huiwering aangeneem.

Die Drie Van Der Merwes

Leonore begewe haar op die silwerdoek in 1970 in “Die drie Van der Merwes” waarin sy die rol van ’n nagklubsangeres vertolk teenoor die akteur en regisseur Frans Marx. In 'n onderhoud uit 'n onbekende publikasie is hierdie vraag aan haar gestel: “Hoe het dit nou gekom dat sy ook in rolprente optree?” Sy antwoord: “Weet nie eintlik nie. Kavalier-Films het my sommer eendag uit die bloute opgebel en gevra of ek hulle kan kom spreek. Doodnuuskierig is ek na Aasvoëlkop, waar Tommie Meyer wou weet of ek in films belangstel.” Altyd gereed om iets nuuts te probeer, sê sy dadelik ja. “Eintlik het ek opera nog altyd baie geniet, juis omdat musiek met toneel gekombineer is.” Die artikel vervolg: “Dis natuurlik die gewone storie. Hulle gee jou toe 'n filmtoets wat jy met vlieënde vaandels slaag en toe … Leonore lag: 'Wa … wa … wag, nie so haastig nie. Ek het nooit 'n filmtoets gedoen nie. ‘’Die Drie Van der Merwes’’ was my filmtoets. Altans dis wat hulle vir my vertel het. Daarna sou hulle besluit of ek darem in 'n film kan speel. … Ek was blykbaar darem OK, want my volgende prent is saam met Gé Korsten. Ek het werklik baie geleer met my eerste film. Moet dit net nie neerskryf nie, maar Frans Marx, ervare akteur wat hy is, het elke keer so gedraai dat my rug na die kamera was. Later word ek toe ook slim en draai ook sodat Frans se rugkant kamera toe wys. Moet nou net nie dink ek het iets teen ou Frans nie', kom dit vinnig. 'Hy is werklik 'n wonderlike akteur'..."
In 'n ander onbekende publikasie word daar geskryf: "Ons klompie joernaliste wat spesiaal vir die verfilming van 'Die Drie Van der Merwes' Durban toe is, was eers verbaas toe ons hoor watter rol sy speel. Dié van 'n los meisie, die nooi van kaptein James van der Merwe. Leonore lag haar aansteeklike laggie: 'Wat vir my so snaaks is, is dat Maryann Johnston, wat in die werklike lewe baie modern is, 'n hipochondriese tante speel en ek met my onderwyserman wat in die kerkraad is, 'n lekker nooi. Ja, my ou man is maar taamlik konserwatief en was 'n bietjie bang oor wat die mense te sê sou hê. Dit was nie oor die rolprente as sodanig wat hy gemor het nie, net oor die rol. Maar ek het hom tog omgepraat.' Hoe meer 'n mens met Leonore te doen kry, hoe sterker word die gedagte dat sy al wat 'n mansmens is, om haar pinkie kan draai. Teen haar ontwapende glimlag, haar spontane hartlikheid en haar inskiklikheid is niemand bestand nie..."
In die Daily News in Natal van 7 Mei 1971 noem Leonore die volgende oor haar films onder die opskrif “Her voice as lovely as her looks: "I prefer stage work to films. On stage you have control over your performance and a live show is so much more exciting, whereas in films, you lose the continuity because the scenes are not shot in the order of their presentation, she said."

A New Life

In die rolprent “A New Life”, wat in 1971 verfilm is, speel Leonore teenoor die tenoor Gé Korsten. Leonore sing ook op die klankbaan. In 'n onbekende publikasie is die volgende gepubliseer: "A New life" (1971) van Kavalier Films is gebore uit die gebeure rondom die wêreld se eerste hartoorplanting wat in 1967 deur dr. Christiaan Barnard in Kaapstad gedoen is. Die draaiboek is deur die Amerikaner Walter Brough geskryf. Die verhaal bestaan uit twee parallelle lewensverhale wat aanmekaar geskakel word wanneer 'n hartoorplanting plaasvind. Aan die een kant is daar die beroemde sanger (Gé Korsten) met die wêreld aan sy voete, wat op die kruin van sy loopbaan ernstige hartprobleme opdoen. 'n Hartoorplanting deur professor Chris Barnard (Nic Badenhorst) is sy enigste hoop op oorlewing. Aan die anderkant is daar 'n Kaapstadse sakeman (Dawid van der Walt) wat deur huweliksprobleme 'n baie ongelukkige lewe ly. Hy sterf in 'n motorongeluk en word die skenker van die hart wat die sanger se lewe sou verleng. Leonore Veenemans het die rol vertolk van die sanger se geliefde en ook die sangeres Lindie Roux en die Drakensbergse Seunskoor het in die rolprent opgetree. Dirk de Villiers was die regisseur van A New life, Joe Mansfield die redigeerder, Louis de Wit was die kameraman en Irene Titford het die grimering gedoen. Hierdie rolprent is deur Ster Films vrygestel.”
In 'n onderhoud met Leonore (onbekende publikasie) vertel sy: "Ja, dis einste die storie waar Gé 'n hartoorplanting kry. Ek is nie juis in my skik met die rol nie, want ek speel 'n oujongnooi wat van die toneel verdwyn nog voordat die storie mooi op stryk is . . ." In ’n berig in die The Witness van 4 Julie 1971, onder die opskrif “Versatile SA singer will take lead in ‘Die Fledermaus’ ”, vertel Leonore meer oor haar films: “Besides opera, Mrs Veenemans enjoys doing light music and she has begun cutting records and making films. In (“A New Life”) she played the role of an old maid school principle and she was also the school singing mistress. They used the Drakensberg Boys Choir and it was a wonderful experience. 'I really enjoyed it', said Mrs Veenemans, 'but I prefer doing live shows as you have so much more control. In films they just use a couple of shots and more than likely they'll be the most hideous! I think one of the worst experiences possible is to watch a film that you're in'. Mrs Veenemans has signed a contract to do four more films..."

Plate en opnames

Leonore tree in 1969 toe tot die ligtemusiekmark met haar eerste twee langspelers, “Goud en Silwer” en “Verre Lande”. In 'n onbekende publikasie skryf Gordon Koch die volgende met die opskrif: “Ster van die week, Leonore Veenemans, ’n ideaal is nooit verwesenlik” oor Leonore se begin as opnamekunstenaar: "Sonder om vooraf 'n afspraak te reël, het sy eendag by ons kantoor opgedaag – hierdie wonderlike meisie met die lagplooitjies om die mond en die helder blink oë. Leonore Veenemans: 'Kan ons asseblief met iemand in verband met plate opnames gesels – verkieslik operaplate? Ek en ons verkoopsbestuurder, Roy Evans, het hulle binnegenooi, tee bestel … en binne vyf minute het ons … 'n vriendskap begin wat een van die mooiste, maar ook een van die seerste van my musiekloopbaan is.' So gesels mnr. Albie Venter, besturende direkteur van EMI-Brigadiers, oor die dag toe hy met Leonore Veenemans kennis gemaak het. 'Om 'n plaat met Leonore die lig te laat sien, was altyd 'n belewenis', sê mnr. Venter. 'Weke vooruit het ons die nommers beplan, gestry en baklei omdat ek koppig was en nooit wou toegee tot haar begeerte om 'n operaplaat te maak nie. Later, het ek steeds beloof, sal ons so maak, sing nou eers liedjies wat vir my en die breë publiek mooi sal wees."

In 1964 vra Xander Haagen haar om deel te neem aan die opnames van sy musiekblyspel “Haai-Polfaai en Tierlantyn”. Met hierdie opnames sing sy onder haar getroude van, Brewis. In 'n resensie met die opskrif “Nuwe plate: Satiriese musiekblyspel van beroepsgehalte” staan onder meer die volgende: "Vir die eerste keer is 'n musiekblyspel van beroepsgehalte in Suid-Afrika geskep. Die musiek getuig van musikale intelligensie en die teks van diepe insig, nie alleen van kunstenaars nie, maar ook van die internasionale politiek. Die deelnemers is deurgaans uitstekend. Wie kan byvoorbeeld die nommer “Teater is nou Smarter” beter sing as die veteraan aktrise Mathilde Hanekom? Wat die sang betref is Leonore Brewis [Veenemans], Barbara Veenemans en Nicola Cencherle die sterre. Mej. Brewis [Veenemans] sou 'n uitstekende Anna [Hanna] in die Vrolike Weduwee gewees het. Barbara Veenemans is 'n voortreflike soubrette en Nicola Cencherle kan in 'n goeie operasanger ontwikkel … Die musiek van Haai-Polfaai en Tierlantyn kan beslis as grondslag van 'n musiekfilm dien."

In die boek “Musieksterre van Gister”, saamgestel deur Danie C Pretorius, is die volgende oor Leonore se loopbaan as ligte musiek sangeres geskryf:

Leonore Veenemans is 'n naam wat tuishoort by die grootste Afrikaanse sangers van alle tye. Sy was uiters gewild en bemind onder alle liefhebbers van Afrikaanse sang, en het haar naam verewig met haar trefferlied, “Liefste Madelein”, 'n vertaling van 'n Russiese volksliedjie. Haar liriese, vloeiende stem gepaardgaande met haar vonkelende uitvoerings, het haar spoedig die liefling van musiekgehore en plateversamelaars gemaak. Hoewel sy eintlik 'n sanger van ernstiger musiek was, was dit veral haar vertolking van ligte musiek waarin sy die dieper betekenis van die woorde geaksentueer het, dat sy diep in die hart van musiekgeesdriftiges gekruip het, daarom dat dit 'n ontsettende skok was toe sy op 17 Februarie 1973 op agt en dertigjarige leeftyd, op die kruin van haar musiekloopbaan, tragies in 'n motorongeluk omgekom het. Haar dood was nie net vir haar familie en vriende 'n onvervangbare verlies nie, maar ook vir die Suid-Afrikaanse musiekwêreld.

Sy het haar private en beroepslewe die hoogste standaarde van perfeksie en moraliteit vir haar gestel, en het 'n sprankelende en opbeurende persoonlikheid gehad. Met haar onuitputlike lewensvreugde het sy almal rondom haar aangeraak en op hul gemak laat voel.

Albie Venter, wat haar ontdek het, het besef dat Leonore op die gebied van die ligte Afrikaanse lied 'n groot leemte kon vul, en het derhalwe van die begin af sy vertroue in haar gestel. Albie, wat altyd 'n oor vir treffer materiaal gehad het, het besef dat hy met 'n rare talent te doen het, en het haar sangloopbaan van die begin af doelmatig bemark en op koers gekry. Hy het die produksie van haar eerste twee langspelers, "Goud en Silwer" en "Verre Lande", wat albei in 1969 opgeneem is, self behartig. Op "Goud en Silwer" het sy gevestigde gunstelinge soos die "Goud en Silwer-wals" van Léhar, "Kleine Nagtegaal', 'Groen is die heide" (Grün ist die Heide), en Rollo Scott se "Liefling kom wals saam met my" gesing, asook 'n hele paar Engelse liedjies soos 'I Talk to the Trees', 'With a Song in my Heart", "I'll Walk Alone" en Ivor Novello se "I Can Give You The Starlight".

Maar dit was veral haar album “Verre Lande” met die Lugmag se Mannekoor, wat die Suid-Afrikaanse musiekpubliek in beroering gehad het. Haar betowerende stem het op dié onoortreflike album benewens “Liefste Madelein” en die titellied, gekomponeer deur Nico Carstens, juweeltjies opgelewer soos “Die Woudprinses”, “My Land”, “My Soetlief”, “Ek kan nie trou bly nie”, “Een enkel roos” en “Liefde regdeur die hele jaar”.

Die bekende radiopersoonlikheid Daniël Kirstein, wat onder die skuilnaam Chris Steyn talle Afrikaanse trefferliedjies geskryf het, het vir die lirieke van "Liefste Madelein" gesorg. Drie verdere suksesvolle langspelers is daarna vrygestel, naamlik “Leonore”, “Bly by My” en “Haar Mooiste Lied”. Haar laaste opname was “Stille Nag” wat op 'n Kersplaat uitgereik is. Ná haar dood is talle gedenkalbums uitgereik, maar dit is haar onsterflike opname van “Liefste Madelein” wat sal voortleef tot in lengte van dae.

Opnames vir die SAUK

Leonore het talle opnames vir die SAUK gemaak wat oor die radio uitgesaai is. Die meeste van die opnames is saam met die SAUK-simfonieorkes gemaak waar sy vele opera- en operettearias en kunsliedere opgeneem het. Van die dirigente met wie sy saamgewerk het, was Anton Hartman en Edgar Cree. Die aria “One fine Day” uit Puccini se opera “Madama Butterfly” asook die “Willow Song” saam met die “Ave Maria” uit Verdi se opera “Otello” is hoogtepunte waar Leonore se ware operastem ten volle waardeer kan word.

Die verwagte operaplaat het nooit die lig gesien nie en dit is jammer dat die publiek nooit die voorreg gehad het om Leonore as operaster te leer ken nie. Die webtuiste oor die Veenemans-sangers skryf: “Met die uitsondering kan 'n mens noem dat “Liefste Madelein” haar grootste ligtemusiektreffer was en dat sy oornag sterstatus daarmee verwerf het. Tot vandag toe onthou die Suid-Afrikaanse publiek haar as ons ‘Liefste Madelein’. Sy het altesaam 13 ligte musiek langspeelplate uitgegee. Vir haar bydrae tot Afrikaanse ligte musiek ontvang sy in 1969 'n Sarie-toekenning as Suid-Afrika se mees belowendste ligtemusieksangeres.

Haar laaste optrede

Op die aand van Donderdag 16 Februarie 1973 sing Leonore in die laaste opvoering van KRUIK se Vrolike Weduwee-speelvak in Kaapstad. Die volgende dag, Vrydag 17 Februarie 1973 sterf Leonore, een dag na haar 38ste verjaarsdag, in 'n motorongeluk op die N1 naby Prins Albert in die Karoo op pad terug na Pretoria.

In ’n koerantberig, waarvan die koerant se naam nou vergete is, skryf iemand: “Sprankelend, guitig en 'n opperste van 'n terggees, só het die vrolike weduwee, Hanna Glawari (gesing deur sopraan Leonore Veenemans) deur Léhar se Die Vrolike Weduwee geborrel en gebruis. Dit was Donderdagaand! Die operette-gangers in die Nico Malanskouburg, waaronder ek ook was, het haar toegejuig – sy was wonderlik. Heerliker was 'n gesellige ete ná afloop van dié opvoering waar 'n paar van Leonore Veenemans, vergesel van Lawrence Folley, se vriende later in 'n woonstel met 'n pragtige uitsig oor die see bymekaar was. Dit was kort duskant twaalfuur – 'n paar minute voordat sy haar 38e verjaardag sou vier. Met al die 'onthou jy dit, haai het jy gehoor' … het die tien van ons ongemerk die oorlosiewyster by twaalfuur sien verbyglip. En om 12:20 het 'n verwytende Leonore Veenemans gesê: 'Word 'n mens dan nie hier in die Kaap met jou verjaarsdag gelukgewens nie?' 'n Behoorlike gelukwensing het sy wel daarna van almal gekry en die herinneringe uit vervloë dae is verder opgediep. Die aantreklike Leonore, wat pas Donderdagoggend haar donker hare rooi gekleur het 'net om weer 'n bietjie anders te lyk' en ek het in 'n hoekie gaan sit – stilletjies om stories uit te ruil. Dis hier waar sy haar bekommernis uitgespreek het oor die feit dat sy vanjaar, as al die dae en weke bymekaar getel word, uiteindelik net drie maande by haar man en kind sou wees. Die ander nege maande was sy besig met haar sangwerk. 'Dit vat aan jou … 'n mens se kind het jou nodig, praat nie van jou man nie. Maar wat maak jy as jy die onbedwingbare drang het om te sing?' was haar versugting. Sy was ook van voorneme om vandeesweek vir Albie Venter, platebaas van Brigadiers, te gaan spreek oor haar plate. Die stralende dartelende Leonore het met groot genot gekyk na 'n deel van 'n tuisgemaakte rolprent wat van haar optrede van Die Vrolike Weduwee gemaak is. Eerlik en sonder aanstellerigheid het sy die vertolking bespreek. Almal teenwoordig was erg bekommerd oor Leonore se terugreis na Transvaal wat sy vroeg Saterdagoggend wou aanpak. 'Nee man, ek gaan nie langs die pad slaap as ek moeg word nie. Iemand sal my oor die kop slaan'. Met 'n laaste wuif, 'n hartlike lag en 'n vriendelike kus vir almal op die wang, is sy weg . . . "

Albie Venter, destyds besturende direkteur van EMI-Brigadiers, noem in 'n onbekende artikel die volgende: “Twaalfuur daardie nag het my telefoon gelui. Dit was een van die Sondagkoerante met die nuus dat Leonore dood is. Verslae het ek my en Leonore se wedersydse vriend, Gé Korsten, in Pretoria gebel en ewe verslae het hy na die nuus geluister.” Freek Swart skryf in die ‘’Foto-Rapport’’, Bylae tot ‘’Rapport’’ op 20 Mei 1973 onder die opskrif “Leonore sal só onthou word”: "Die volgende oggend het sy ingepak en Transvaal toe gery. Vir die eerste keer sedert Kersfees sou sy weer by haar man en haar oogappeltjie, 'n dogtertjie, Liezel, wees. Dit sou net 'n week lank wees voordat sy vir die nuwe operaseisoen na Bloemfontein sou gaan. Sy was haastig en het soos gewoonlik gejaag vir 'n vale. Haar broer sê sy het graag gepraat van 'low flying' wanneer sy só vinnig ry. En sy was juis van plan om haar motor vir 'n nóg vinniger sportmotor in te ruil. Naby Prince Albert Road het die motor van die pad geloop, omgeslaan en Leonore is aan skedelbreuk dood. 'n Student wat agter haar gery het, het 'n appel met 'n vars hap in die motor gekry. Sy het waarskynlik beheer oor die motor verloor omdat die appel uit haar hand uit gegly het. 'n Paar dae daarna het die predikant by haar begrafnisdiens uit Psalm 96 vers 1 gelees: 'Sing tot die eer van die Here 'n nuwe lied; sing voor die Here, o, ganse aarde!' Leonore is dood. Maar in haar lewe het sy gesorg dat baie mense haar vir lank met plesier sal onthou."

Onderhoud

'n Getranskribeerde uittreksel uit 'n radio-onderhoud (stasie onbekend; waarskynlik die Afrikaanse diens van die SAUK) wat Jeanette Spies met Leonore in Kaapstad gevoer het op 19 Januarie 1973, twee maande voor Leonore se dood.

Jeanette: Maar eintlik ken ons jou as 'n vertolker van tradisionele liedjies op plate, nou maak ons kennis met jou as 'n operette-sangeres. Sing jy ook ernstiger musiek, opera miskien?

Leonore: Ja ek is bevrees, eintlik is opera my geliefkoosde vorm van sang. As ek natuurlik kon verkies sou ek net opera gesing het.

Jeanette: Spesifieke voorkeur-operas?

Leonore: Ek is natuurlik baie lief vir Madame Butterfly. Ek gaan nou volgende jaar in Natal Mimi in La Boheme sing.

Jeanette: Vir NARUK?

Leonore: Ja, ek doen ook Michaela in die Transvaal in Augustus, dis nou uit Carmen. Ek sien baie uit daarna. Hierdie jaar doen ek eintlik meer operawerk as wat ek enigiets anders doen.

Jeanette: En jy geniet dit?

Leonore: Vreeslik.

Jeanette: En ek hoef jou seker die te vra of jy graag sing nie?

Leonore: Natuurlik! Nee 'n mens moet eintlik 'n liefde daarvoor hê, anders weet ek nie hoe jy kan sing as jy nie daarvoor lief is nie.

Jeanette: Sekerlik nie. Jy het netnou van toer gepraat. Is dit nie vermoeiend en veeleisend om so te gaan toer nie?

Leonore: Ja, dit hang natuurlik af. Ons is op die oomblik besig met 'n baie moeilike toer in die Transvaal. Die program se naam is Encore. Nou eintlik is dit grepe uit musiekblyspele; ons het vier blyspele wat ons aanbied. Met die eerste een begin ons met Annie get Your Gun, die tweede een is die Vrolike Weduwee, juis ons doen dit in Afrikaans, en dan Kiss Me Kate en ons sluit af met My Fair Lady. En dis net twee sangers, nou moet jy weet ons werk ons byna dood.

Jeanette: Dis 'n vol program in 'n aand, nê?

Leonore: Ja, daar is partykeer tot so 17-keer wat 'n mens moet vinnig aantrek. Dan hardloop jy die gang af na die kleedkamer toe en dan sien jy net kledingstukke waai en dan spring jy in die volgende kostuum in, dan is jy weer terug.

Jeanette: So julle tree gekostumeerd op?

Leonore: Ja

Jeanette: Vir elke blyspel?

Leonore: Ons het sulke basiese soort dekorstelle ook op die verhoog, met beligting, dis baie interessant eintlik.

Jeanette: Interessant glo ek wel. En die toer as sodanig is seker ook interessant met hoogtepunte?

Leonore: Ja, mens het natuurlik partykeer sekere petaljes wat jou oorkom.

Jeanette: Vertel vir ons daarvan?

Leonore: Ons was 'n rukkie gelede op die platteland daar in die Transvaal êrens. Dis nou 'n bietjie moeilik om te toer met ligte musiek soos tydens Pinkster. Die mense gaan eers biduur toe en dan kom hulle daarna konsert toe. Ons was een aand op 'n dorp gewees en die mense het almal van die kerk gekom en hier kom ons toe met Annie Get Your Gun aan. Daar is 'n plek waar hulle met 'n rewolwer agter (die verhoog) twee skote afskiet. Dan wys ek die geweer in die gehoor in, sien, en ek mik toe tydens die aand, en ongelukkig sit die dominee toe in die voorste ry en ek mik reg vir die dominee en toe ek die skote afskiet, skree hy net 'O gaats!' die hele gehoor het natuurlik uitgebars van die lag.

Jeanette: Toe skep dit 'n lekker atmosfeer. Ons het begin met Liefste Madelein, sal ons nie eindig met een van jou opera-arias nie, Leonore?

Leonore: Graag.

Jeanette: Watter een?

Leonore: Ons het nou die aand 'n konsert gehad in die Nico Malan, 'n middernagkonsert.

Jeanette: Ja, ja en daarin het jy …?

Leonore: Dit was 'n groot sukses gewees. Ek het Die Een Skone Dag van Madame Butterfly gesing. Die aand het hulle 'n opname gemaak. Ek sou graag dat ons dit speel …

Grootste treffers

In die boek “Musieksterre van Gister”, saamgestel deur Danie C Pretorius, lys hy Leonore grootste ligtemusiektreffers as volg:

  1. Liefste Madelein
  2. Verre Lande
  3. Die Woudprinses
  4. My Soetlief
  5. Liefde regdeur die jaar
  6. My huweliksdag
  7. My land Suid-Afrika
  8. As ek weer my hart verloor
  9. Een enkel roos
  10. Lang Winter
  11. Seeman
  12. Aandblom
  13. O my pappa
  14. Die blonde matroos
  15. Dink aan my
  16. Erika
  17. Melodie van liefde
  18. My hart verlang na die Boland
  19. Heimwee na jou
  20. Kleine Nagtegaal
  21. Groen is die Heide
  22. Seemeeu jy vlieg na my tuiste
  23. Liefling kom wals saam met my
  24. Bly by my
  25. Al wat bly is die rosie
  26. Liefde sal nooit vergaan
  27. Namakwalandse blomme
  28. Liefdesdrome
  29. Kom wat wil
  30. Kom terug
  31. Rose bring 'n groet aan jou
  32. My liefdesmelodie

Twee versamel-CD's het reeds van haar verskyn: "Ons eie nagtegaal" en "Jare van Liefde". Die snitte op "Ons eie nagtegaal" is:

  1. Die Liefde In Jou Hart
  2. Liefdesdrome
  3. Sing Van My En Jou
  4. Melodie Van Liefde
  5. Bly By My
  6. Die Blonde Matroos
  7. A) Aandblom / B) Lief Ou Hartbeeshuise
  8. Dis Verby
  9. Liefste Madelein
  10. O My Pappa
  11. Schenkt Man Sich Rosen In Tirol
  12. My Huweliksdag
  13. My Soetlief
  14. Wat Is Liefde
  15. Kom Met My Saam In Die Maanlig
  16. Kleine Nagtegaal
  17. Goud En Silwer Wals
  18. Song Of Love (met Ge Korsten)
  19. Erens Op Die Grens
  20. I'll Walk Alone
  21. Kom Ons Kyk Terug
  22. Een Enkel Roos
  23. I Can Give You The Starlight
  24. As Die Lente Kom
  25. Die Eindlose See
  26. I Talk To The Trees
  27. Groen Is Die Heide

Die snitte op "Jare van Liefde" is:

  1. Die liefde in jou hart
  2. Kom wat wil
  3. Kom terug (La Paloma)
  4. Stil soos die see
  5. Liefste Madelein
  6. Liefdesdrome
  7. Heimwee
  8. Stille Nag
  9. In my liefdeslied
  10. Bly by my
  11. Liefdeslied (met Gé Korsten)
  12. I will always worship You
  13. Seeman
  14. Al wat bly is die Rosie
  15. Herinneringe
  16. Skenk jou hart aan my
  17. Sing van my en jou
  18. Dink aan my
  19. My hart verlang na die Boland
  20. Namakwalandse blomme
  21. My land Suid-Afrika
  22. Rose bring 'n groet aan jou
  23. Lang Winter
  24. Verre Land
  25. My Liefdesmelodie
  26. Die Woudprinses

Sien ook

Bronne

Verwysings

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
Leonore Veenemans
Listen to this article