Liza Brönner
From Wikipedia, the free encyclopedia
Liza Brönner (11 Desember, 1989, Kaapstad, Suid-Afrika) is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Haar debuutalbum, Onderstebo is op 21 September 2009 deur EMI vrygestel. Hierdie album is herverpak en op 29 Maart 2010 met vier nuwe snitte as Asemloos uitgereik (ook deur EMI). Haar derde album, Vir eers is dit net ek... is op 01 September 2011 deur HIT Records vrygestel. Hierdie album is opgeneem en verwerk deur Johan Rautenbach wat vele bekende Suid-Afrikaanse sangers se albums reeds met groot sukses opgeneem het (onder andere die van Eden, Lianie May, Bok van Blerk, Bobby van Jaarsveld, ens.) In Mei 2013 wen Brönner 'n werklikheidsprogram wat 'n plaasvervanger vir die rol van Liefling (gebaseer op die rolprent) soek,[1] om die verhoogstuk aan te pak. Sy lewer 'n puik vertolking van die hoofrol, "Liefling" teenoor die bekende Bobby van Jaarsveld.
Liza Brönner | |
---|---|
Liza Brönner in Gordonsbaai | |
Gebore | 11 Desember 1989 (1989-12-11) (34 jaar oud) Kaapstad, Suid-Afrika |
Genres | Afrikaans / Engelse pop-country |
Beroep(e) | Sanger, liedjieskrywer, akteur |
Jare aktief | 2009 – nou |
Etikette | EMI 2009–2011,
Hit Records 2011–2013, 2Brothers Entertainment (Pty) Ltd 2013 – present |
Assosiasies | Bobby van Jaarsveld, Ricus Nel, Hanna Grobler, André Schwartz, Nadia Beukes, Soli Philander, Marlee van der Merwe, Phillip Moolman, Cindy Alter (Clout), Sonja Herholdt, Edrien Erasmus, Cobus Venter, Zak Hendrikz, Doreen Coetzee, Reynard Slabbert, Jaco Muller and Hendri Myburgh |
Webwerf | www.lizabronner.co.za |
Ná 2 jaar se optredes en promosiewerk vir haar album, "Vir eers is dit net ek" het 2Brothers Entertainment haar nuwe album, "Jy het my gevind" aangekondig.
Desember 2014 - "Liefling" teater produksie by die Teatro, Montecasino. Die 1ste Afrikaanse musiekblyspel by die Teatro. Liza speel die rol van "Liefling" teenoor Bobby van Jaarsveld.