Manie Jackson

Afrikaanse sanger/Liriek skrywer From Wikipedia, the free encyclopedia

Remove ads

Manie Jackson is 'n Afrikaanse Country-sanger.

Kitsfeite Gebore, Genres ...

Tydens die 2011 SAMA-toekennings is hy vir die beste countrymusiekalbum bekroon. Hy is al 4 keer benoem vir 'n Huisgenoot Tempo Toekenning en 3 keer vir die Ghoema-toekennings. Hy het reeds 8 ateljeealbums vrygestel onder Select Musiek waarvan almal Goud, Platinum, Trippel Goud en Dubbel Platinum status bereik het met hul verkope, en sy algehele verkope strek al verby 350 000 eenhede. Hy is tans onder die Top 10 grootste verkopers in die Afrikaanse Musiekbedryf, en sy lewendige optredes is ook baie gewild.

Hy is ook die mees bekroonde kunstenaar van alle tye met die amptelike SA Country Top 10 se Melodie-toekennings. Sy duet album, In Duet Met Ons Legendes, is 'n album waarop hy kragte saamsnoer met van Suid-Afrika se grootste legendes, soos Bles Bridges, Gé Korsten, Carike Keuzenkamp, Bobby Angel, Min Shaw, Lance James, Clive Bruce, Jody Wayne, Barbara Ray, die Briels en meer. Hy reik in 2017 sy 8ste album uit,Palms van my hande en 2018 sy jongste album, Op 'n hoë noot. Hy verwerf ook 2018 'n Ghoema toekenning as gewildste sanger, soos deur die publiek bepaal. Manie Jackson ontvang ook n Ude Jurgens toekenning vanaf Oostenryk/Duitsland vir sy lied, Leef vir hom.

Hy is woonagtig in Vaalpark naby Sasolburg in die Vrystaat.

Remove ads

Diskografie

  • Manie Jackson, 2010 – Dubbel Platinum
  • Liefde En Genade, 2011 – Platinum
  • Sprei Jou Vlerke, 2012 – Goud
  • Tydlose Treffers, 2013 – Platinum
  • 'n Spesiale Aand Met Manie Jackson, 2013 – DVD
  • n Spesiale Aand Met Manie Jackson, 2013 – CD
  • Onthou My, 2014 – Goud
  • Dankie Heer, 2015 – Goud
  • In Duet Met Ons Legendes, 2016 – Goud
  • Grootste Treffers, 2017 - DVD
  • Platinum Treffers, 2017
  • Palms van my hande, 2017
  • Op ń hoë noot, 2018
  • My beste en meer, 2019
Remove ads

Sien ook

Eksterne skakels

Loading related searches...

Wikiwand - on

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Remove ads