Suid-Afrikaanse tenoor From Wikipedia, the free encyclopedia
Manuel Escórcio is 'n tenoor wat bekend is vir sy operaoptredes en Afrikaanse liedjies. Hy is ook Portugees en Engels magtig en sing ook in die tale. Hy begin sy musiekloopbaan op 16-jarige ouderdom by die Helderberg Kollege in Somerset-Wes in Suid-Afrika.[1]
Manuel Escórcio | |
---|---|
Geboortenaam | Manuel Maria Lamarque Escórcio |
Gebore | 1950 Lourenço Marques, Mosambiek |
Beroep(e) | Sanger |
Instrumente | Stem |
Jare aktief | 1982 – nou |
Assosiasies | Janita Claassen Rina Hugo |
Webwerf | manuelescorcio.co.za |
Escórcio het al dwarsoor Suid-Afrika opgetree, asook in die VSA, Kanada, Brasilië, Portugal, Venezuela, die Filippyne en Australië.[2]
In 1981 word die Orde van Prins Henry aan hom toegeken.[1]
Op 26 Januarie 2020 is Manuel ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.
Manuel Maria Lamarque Escórcio is in 1950 in Lourenço Marques in Mosambiek gebore, maar immigreer in 1966 na Suid-Afrika. Hy verwerf 'n graad in Teologie, Meesters in Musiek en die kameraadskap van die Royal Schools of London en Trinity College.[3]
Op 26 Januarie 2020 is Manuel ook ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse legendesmuseum. Hy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak is.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.