McCoy Mrubata - Wikiwand
For faster navigation, this Iframe is preloading the Wikiwand page for McCoy Mrubata.

McCoy Mrubata

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

McCoy Mrubata
Geboorte1959
Kaapstad, Suid-Afrika
Beroep(e)Musikant
Genre(s)Jazz
Instrument(e)Saxofoon
Portal.svg Musiekportaal

McCoy Mrubata (gebore 1959 in Kaapstad) is 'n Suid-Afrikaanse jazz saxofoonspeler. Hy bespeel die tenoor-, soprano- en altosaxofoon asook die fluit.[1]

Hy stel van 'n jong ouderdom al belang in musiek en begin aanvanklik met fluit. Teen 1979 begin hy om professioneel saam met 'n groep te speel. Na verskeie terugslae begin hy in 1988 'n suksesvolle loopbaan in die Verenigde Koninkryk en werk later saam met Hugh Masekela. Sedertdien behaal hy verskeie suksesse en in 2003 wen hy die Suid-Afrikaanse Musiektoekenning in die kategorie Tradisionele Jazz.[2]

In 2007 is hy in die Suid-Afrikaanse nuus nadat sy dogter, Nonceba Mzondo, vermoor is.[3]

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

{{bottomLinkPreText}} {{bottomLinkText}}
McCoy Mrubata
Listen to this article