Min Shaw
Suid-Afrikaanse musikant / From Wikipedia, the free encyclopedia
Min Shaw, gebore as Wilhelmina Jacoba Viviers (Johannesburg, 26 November 1934) is 'n Suid-Afrikaanse sangeres en aktrise.
Min Shaw | |
---|---|
Min Shaw op 'n reklameplakkaat vir die 1969-rolprent "Danie Bosman" | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Wilhelmina Jacoba Viviers |
Gebore | 26 November 1934 (1934-11-26) (89 jaar oud) Johannesburg, Suid-Afrika |
Genres | Afrikaans, country, gospel |
Beroep(e) | Sangeres |
Jare aktief | 1961 – hede |
Assosiasies | Shaun Mynhardt |
Webwerf | www.minshaw.co.za |
Sy is 'n sing aanvanklik veral ligte Afrikaanse musiek, maar later jare ook Engelse gospel. Sy het bekend geraak met die liedjie Jy is my liefling van die egpaar Cissie en Willie Cooper (wat hulle in die jare dertig gekomponeer het). Die liedjie was die temalied van die gelyknamige rolprent van 1968 waarin sy teenoor Franz Marx gespeel het.
Min het in 2015 vir Shaun Mynhardt aangestel as haar bestuurder.
Op 26 Januarie 2020 is Min ingehuldig as 'n lewende legende in die Suid-Afrikaanse Legendesmuseum. Sy was een van slegs 20 legendes van wie daar ook 'n borsbeeld gemaak was.
In Januarie 2022 was Min die mede-aanbieder van 'n splinternuwe 13 episode TV-reeks, Die Huis Van Legendes, saam met Shaun Mynhardt.
Op hierdie TV-reeks het sy en Shaun met verskeie groot name in die vermaaklikheidsbedryf gesels.
Die TV-reeks word in Junie 2022 uitgesaai.