Wesselsbron

From Wikipedia, the free encyclopedia

Wesselsbronmap

Wesselsbron is 'n landboudorp in die noorde van die Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 75 km suid van Bothaville en is tussen Hoopstad en Odendaalsrus geleë.

Kitsfeite Land, Provinsie ...
Wesselsbron
Thumb
Wesselsbron
Wesselsbron
 Wesselsbron se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°51′0″S 26°22′0″O
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikLejweleputswa
MunisipaliteitNala
Stigting1920
Oppervlak
  Totaal14,1 km2 (5,4 vk. myl)
Hoogte
1 315 m (4 314 ft)
Bevolking
 (2011)[1]
  Totaal26 807
  Digtheid1 901/km2 (4 920/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
  Wit mense4.1%
  Indiërs/Asiërs0.4%
  Bruin mense0.5%
  Swart mense94.8%
  Ander0.1%
Taal (2011)
  Sotho 75.4%
  Xhosa 8.9%
  Afrikaans 6.0%
  Tswana 4.2%
  Ander 5.5%
Poskode (strate)
9680
Poskode (posbusse)
9680
Skakelkode051
Webwerfhttp://wesselsbron.co.za
Sluit

Geskiedenis

Wesselsbron is in 1920 gestig en is vernoem na kommandant Cornelis J Wessels wat in bevel was van die Boere se Beleg van Kimberley van 13 Oktober 1899 tot 12 Februarie 1900. Die dorp het in 1936 munisipale status verwerf.

Distrik

Die distrik is 1 750 km2 groot. Een van die belangrikste produkte is mielies en die dorp spog met van die grootste graansilo's in die suidelike halfrond. Ander gewasse wat verbou word is koring en grondbone terwyl bees- en skaapboerdery ook belangrik is. Daar is ook baie panne in die distrik.

Onderwys

Slegs basiese onderwys word in Wesselsbron en Monyakeng (die township van Wesselsbron) aangebied.

Hoërskole

Hoërskool Sandveld (beide 'n primêre en hoërskool), Hoërskool Iphateleng, Hoërskool Monyakeng.

Laerskole

Laerskool Katoloso, Laerskool Letsibolo, Laerskool Mmabana en Laerskool Tataiso.

Sien ook

Bronne

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.