Mosambiekse presidensiële vliegtuigongeluk (1986)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Op 19 Oktober 1986 het 'n Toepolef Tu-134-vliegtuig van die Mosambiekse volksrepubliek, wat president Samora Machel en 43 ander van Mbala, Zambië na die Mosambiekse hoofstad Maputo vervoer het, by Mbuzini, Suid-Afrika, neergestort. Nege passasiers en een bemanningslid het die ongeluk oorleef, maar president Machel en 33 ander is dood, waaronder ministers en amptenare van die Mosambiekse regering.[1]
Mosambiekse lugdiens se Toepolef Tu-134 | |
---|---|
'n Toepolef Tu-134 | |
Datum: | 19 Oktober 1986 |
Oorsaak: | Neergestort in gure weer |
Plek van ramp: | Mbuzini, Suid-Afrika, 65 km wes van Maputo |
Sterftes: | 34 |
Vliegtuig Tipe: | Toepolef Tu-134 |
Vliegtuig Stertnommer: | C9-CAA |
Oorsprong: | Mbala, Zambië |
Bestemming: | Maputo, Mosambiek |
Passasiers: | 35 |
Bemanning: | 9 |
Oorlewendes: | 10 |
'n Ondersoekraad het die kaptein die skuld gegee dat hy nie op die waarskuwingstelsel vir grondnabyheid gereageer het nie. Ander het beweer dat die bemanning die BOR-ontvangers op die verkeerde frekwensie gestel het, wat veroorsaak het dat hulle seine van 'n ander lughawe ontvang het, of dat selfs 'n vals baken opgestel is om die vliegtuig van koers af te lok. Terwyl daar wydverspreide vermoedens bestaan dat die apartheidsregering van Suid-Afrika by die ongeluk betrokke was, het geen afdoende getuienis na vore gekom nie.