Mynie Grové
Suid-Afrikaanse sangeres, liedjieskrywer en komponis / From Wikipedia, the free encyclopedia
Mynie Grové is 'n bekende Suid-Afrikaanse sangeres, liedjieskrywer en komponis. Sy het bekendheid verwerf met liedjies soos Ek Verlang Nog Altyd (saam met Jan Grové) en kinderliedjies soos Pinocchio en Tien klein Paddatjies. 'n Voorbeeld van 'n bekende liedjie wat sy gekomponeer het is Sweef soos 'n Arend (vir Bles Bridges). Een van haar grootste treffers was 'n vertolking van die liedjie Caravan Song.[1] Sy het Suid-Afrika ook op verskeie internasionale musiekfeeste in Suid-Amerika, Pole en Portugal verteenwoordig.
Kitsfeite Oorsprong, Beroep(e) ...
Mynie Grové | |
---|---|
Oorsprong | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Sangeres, liedjieskrywer |
Jare aktief | ~1979 - ? |
Sluit
Tydens KykNET se 2006-Idols reeks het Mynie saam met Taliep Petersen en Deon Maas as beoordelaar opgetree.