Die NG gemeente St. Stephen's in Kaapstad het in 1857 die 72ste gemeente van die NG Kerk geword nadat ’n ou teater as ’n kerk ingerig is.[1] Die naam is gegee na aanleiding van die eerste martelaar, Stefanus, omdat Kapenaars wat nie daarvan gehou het dat vrygemaakte slawe in die kerk aandskool bywoon nie, dit omstreeks die middel van die 19de eeu op 'n keer met klippe bestook het.