Nederlands-Brasilië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Nederlands-Brasilië (Nederlands-Brazilië) of Nieu-Holland (Nieuw-Holland) was 'n Nederlandse kolonie in die 17de eeu, van 1630 tot 1654. Brasilië is oorspronklik deur Portugal gekoloniseer, en 'n deel van die kolonie is oorgeneem deur die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande. Die verskillende goewerneurs van die kolonie het probeer om soveel moontlik immigrante na die gebied te lok, met gematigde sukses. Uiteindelik word die Nederlanders in 1654 uit die gebied verjaag deur die Portugese. Vandag is die gebied deel van Brasilië.
| |||||
| |||||
Nederlands-Brasilië in Suid-Amerika tussen 1630 en 1654 | |||||
Hoofstad | Mauritsstad 08°03′S 34°53′W | ||||
Taal/Tale | Nederlands | ||||
Godsdiens | Calvinisme | ||||
Regering | Monargie | ||||
Koning | |||||
- 1637 - 1643 | Maurício de Nassau | ||||
- 1643 - 1654 | Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Stigting van Nederlands-Brasilië | 1630 | ||||
- Slag van Berg Tabocas | 13 Augustus 1645 | ||||
- Eerste Slag van Guararapes | 19 April 1648 | ||||
- Tweede Slag van Guararapes | 19 Februarie 1649 | ||||
- Oorgawe aan Portugal | 1654 | ||||
Geldeenheid | gulden |