Neringa
From Wikipedia, the free encyclopedia
Neringa luister (hulp·inligting) is 'n Wes-Litause munisipaliteit suid van Klaipėda met 'n oppervlakte van 89,8 vierkante kilometer en 'n bevolking van 3 685 (2010). Die munisipaliteit is in 1961 uit dorpe in die Litause deel van die Koerse Skoorwal gevorm.
Meer inligting NeringaNeringos savivaldybė ...
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Litaue |
Etnografiese gewes | Klein-Litaue |
Administratiewe gewes | Klaipėda |
Koördinate | 55°33′N 21°07′O |
Stigting | 1961 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 89,8 vk km |
Hoogte bo seevlak | 2 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 3 685 |
- Bevolkingsdigtheid | 41/vk km |
Tydsone | EET (UTC +2) |
- Somertyd | EEST (UTC +3) |
Klimaat | |
- Tipe | Gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | -°C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | - / - °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | - mm |
Burgemeester | Vigantas Giedraitis |
Amptelike Webwerf | www.neringa.lt/ |
Sluit
Neringa is tans die kleinste munisipaliteit in Litaue en het voor die administratiewe hervorming in die land stadstatus gehad, ondanks die feit dat daar nooit enige stedelike nedersetting bestaan het nie. Die destydse administratiewe stelsel van die Sowjetunie het nie voorsiening vir die skepping van hierdie soort klein munisipaliteite gemaak nie, maar dit was wél moontlik om aan 'n nedersetting selfregerende stadstatus toe te ken.