Omaruru
From Wikipedia, the free encyclopedia
Omaruru is 'n dorpie in Namibië, 70 km noord van Karibib en 220 km noordwes van Windhoek, geleë op die oewers van die boomryke en waterryke Omarururivier, naby die skouspelagtige Omarurukoppie. Dit kom van Herero vir bitter dikmelk, na aanleiding van die koeie wat sekere struikplante wat daar groei, eet. Die geskatte bevolking in 2011 was 6 300.