Oos-Kaap
provinsie van Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Oos-Kaap (Engels: Eastern Cape, Xhosa: IPhondo yaMpuma-Koloni) is een van die nege provinsies van Suid-Afrika. Die hoofstad is Bhisho. Die provinsie is in 1994 gevorm met die samevoeging van die oostelike deel van die voormalige Kaapprovinsie en die "tuislande" Ciskei en Transkei.
Kitsfeite
Wapen | |
Hoofstad | Bhisho (voorheen Bisho) |
Grootste stad | Port Elizabeth |
Premier | Oscar Mabuyane (ANC) |
Oppervlakte – Totaal |
Geranglys 2de 168 966 vk km |
Bevolking[1] - Totaal (2011) - Bev.digtheid |
Geranglys 3de 6 562 053 39 / vk km |
Tale[1] | Xhosa (78,8%), Afrikaans (10,6%), Engels (5,6%), Suid-Sotho (2,5%) |
Etniese verdeling[1] | Swart mense (86,3%), Kleurlinge (8,3%), Blankes (4,7%), Asiërs (0,4%) |
Sluit
Die stede en belangrikste dorpe is Port Elizabeth, Oos-Londen, Grahamstad, King William's Town, Queenstown, Uitenhage, Jeffreysbaai, Mthatha (voorheen Umtata), Aliwal-Noord, Graaff-Reinet en Cradock.