Orania
Suid-Afrikaanse Afrikaner-dorp / From Wikipedia, the free encyclopedia
Orania is 'n Suid-Afrikaanse dorp geleë langs die Oranjerivier in die dorre Bo-Karoo van die Noord-Kaap.[5] Die dorp word in twee helftes verdeel deur die R369-streeksroete en lê halfpad tussen Kaapstad en Pretoria.[6][7]
Orania | |
---|---|
Uitsig oor Orania-Wes (onder), Orania-Oos (middel), die nywerheidsgebied (links) en die Oranjerivier (bo) | |
Leuse(s): Die Afrikanertuiste | |
Koördinate: 29°48′51″S 24°24′36″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Orania |
Stigting | 1963 (as Waterwese-dorp) 1991 (as Afrikaner-dorp) |
Regering | |
• Tipe | Verteenwoordigende Raad |
• Voorsitter van die Orania Verteenwoordigende Raad (OVR) | Carel Boshoff IV |
• Voorsitter van die Orania Aandeleblok (OAB) | Hanri Maritz |
• Voorsitter van die Raad van die Orania Beweging | Dr John Strydom |
Oppervlak | |
• Totaal | 8,95 km2 (3,46 vk. myl) |
Hoogte | 1 180 m (3 870 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 892 |
• Skatting (2020) | 2 066[2] |
• Digtheid | 99,7/km2 (258/vk. myl) |
Demoniem(e) | Oraniër(s) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 97,2% |
• Bruin mense | 1,9% |
• Swart mense | 0,9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 98,4% |
• Engels | 1,6% |
Skakelkode | 053 |
Webwerf | www |
Die doel van die dorp is om 'n tuiste te skep vir Afrikaans en die Afrikaner-identiteit deur dié taal en kultuur in lewe te hou. Enigiemand wat homself definieer as 'n Afrikaner en identifiseer met Afrikaner-etnisiteit is welkom in Orania.[8][9]
Kritici beskuldig die Orania plaaslike owerheid daarvan dat hulle die integrasie van Afrikaners in die reënboognasiekonsep afwys[10] en dat hulle probeer om die Suid-Afrika van voor 1991 binne 'n enklawe te herskep.[11] Die inwoners beweer egter dat hulle hul taalkundige en kulturele erfenis wil bewaar en hulself wil beskerm teen die misdaadgolf in die res van die land.[12][13] Die inwoners sê ook dat hulle vervulling probeer gee aan die reg op selfbeskikking soos vervat in die Grondwet van Suid-Afrika.[5] Die dorp se verhoudings met die Suid-Afrikaanse regering is rustig en ondanks die strewe van die gemeenskap na (meer) selfbestuur[14] het die regering reeds Orania as wettig erken.[15]
Orania het tydens die sensus in 2011 ongeveer 892 inwoners gehad, maar het sedertdien verder gegroei tot meer as 2 000 inwoners in 2020. Meer as 120 besighede was in 2015 in Orania gevestig,[16] waaronder een van die grootste pekanneutplantasies van Suid-Afrika[17] en die grootste koöperatiewe bank van die land.[18] Die dorp het sy eie geldeenheid, die Ora,[19][20] en sy eie munisipale bestuur, die Orania Verteenwoordigende Raad. As gevolg van sy ongewone aard word die dorp dikwels besoek deur joernaliste en dokumentêremakers.[20]