Oseanië
geografiese streek wat Australasië, Melanesië, Mikronesië en Polinesië behels / From Wikipedia, the free encyclopedia
Oseanië is die kollektiewe naam vir 'n groot aantal eilande in die Stille Oseaan. Die gebied word meestal in drie eilandgroepe ingedeel: Melanesië, Mikronesië en Polinesië.[1] In 'n breër sin verwys die term Oseanië na al die eilande tussen Suidoos-Asië en die Amerikas, insluitende Australasië en die Maleise argipel.
Meer inligting Oppervlakte, Bevolking ...
Oppervlakte | 8 525 989 km² (7de) |
---|---|
Bevolking | 36 659 000 (2010, 6de) |
Bevolkingsdigtheid | 4,19/km² |
Lande | 15 |
Afhanklike gebiede | 25 |
Tale | Engels, Frans en Oseaniese tale soos Hawais en Māori |
Tydsones | UTC+14 (Kiribati) tot UTC-11 (Amerikaans-Samoa en Niue) |
Grootste stede | Sydney Melbourne Brisbane Perth Auckland Adelaide Wellington Honolulu Canberra Christchurch Djajapoera Port Moresby Nouméa Goudkus |
Sluit
In 'n ruimer perspektief word Australië, Nieu-Guinee en Nieu-Seeland ook as deel van Oseanië gesien. Mense praat dan van die kontinent Oseanië, hoewel dit strenggesproke foutief is omrede slegs die Australiese kontinent (Sahoellandplaat) as 'n kontinent gereken word.