Palácio da Alvorada
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Palácio da Alvorada (Portugees: Paleis van die Dagbreek) is die ampswoning van die Staatspresident van Brasilië. Net soos die res van Brasília, die hoofstad van dié Suid-Amerikaanse land, is die paleis deur die befaamde Brasiliaanse argitek Oscar Niemeyer ontwerp en in 1958 ingewy.
Die paleis het vinnig 'n simbool vir die moderne beweging van Brasilië se argitektuur geword wat die tegnologiese en kulturele vooruitgang van die land versinnebeeld. Sy elegante pilare simboliseer nou die nuwe hoofstad en verskyn ook in die vlag en seël van Brasília.
Die paleis lê in die SHTN Asa Norte-buurt van Brasília, sowat vier kilometer van die Praça dos Três Poderes af. Die naam van die paleis is afgelei van 'n aanhaling van die vroeëre Staatspresident Juscelino Kubitschek:
Brasília is 'n nuwe dagbreek in die geskiedenis van Brasilië. |